Leesvordering:

HARTSTOG

Des 7, 2017

Die storie van Chris Barnard en die eerste hartoorplanting.

Vyftig jaar ná die eerste hart suksesvol van een mens na ’n ander oorgeplant is, kan jy nou in ’n nuwe dokudrama oor die menslike intrige rondom die gebeure van 3 Desember 1967 sien presies hoe dié groot mediese mylpaal bereik is. Deon Opperman, die draaiboekskrywer, vertel in Hartstog drie parallelle verhale: Eerstens, dié van die Washkansky-familie, wat dringend wag op ’n skenkerhart vir Louis; die Darvall-gesin, wat as gevolg van ’n tragiese ongeluk ’n dogter aan die dood afstaan, en dr Chris Barnard en die span by die hospitaal wat die hart help oorplant

André Velts is die regisseur aan die stuur van dié dokudrama, wat ook ’n sterbelaaide rolverdeling insluit. Die bekroonde akteur Carel Nel staan in die skoene (en teaterklere) van dr Chris Barnard, terwyl sy vrou Aletta deur Quinne Brown gespeel word. Jacques Bessenger vertolk die rol van dr Barnard se sjirurg-broer, Marius.

As jy nog altyd meer wou weet oor die eerste hartoorplanting, maak seker jy kyk Hartstog op ShowMax. Dis ’n verhaal van hartstogtelike passie, gebreekte harte en hoop wat uiteindelik lig werp op ’n stuk trotse Suid-Afrikaanse geskiedenis wat die wêreld verander het.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest