Leesvordering:

Waarom Wêreldwyd?

Jan 18, 2018

Wêreldwyd is ’n aanlyntuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.

WEBTUISTE

Bly op hoogte van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare raad kry, sommer net saamkuier of jou stories vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

KOLLIG-NUUSBRIEF

’n Gratis nuusbrief met inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike inligting vir Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland bly, byvoorbeeld die skrapping van belastingvrystelling op buitelandse inkomste. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

SOSIALE MEDIA

’n Kuierplek vir alle Suid-Afrikaners in die buiteland en ook in Suid-Afrika.

’N ENIG-IN-SY-SOORT WÊRELDGIDS

Die Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou omgewing kan doen. Wêreldgids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun.

KOM HUISTOE-VELDTOG

Dié veldtog verleen hulp aan terugkerende burgers. Gratis raad is onder meer beskikbaar oor burgerskapaangeleenthede, immigrasiedokumente, die invoer van goedere en troeteldiere, die evaluering van buitelandse kwalifikasies, finansiële sake, bestuurderslisensies en werkverskaffing.

Die tuiskomplek vir Suid-Afrikaners in die buiteland.
Een klik en jy is tuis!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest