Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2018

Feb 15, 2018

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland gehou word. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events. South African Events is bekend vir die reël van Suid-Afrikaanse geleenthede in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA, die VK en Europa.

Wêreldwyd tree weer as hoofborg vir die Afrikaans is Lekker 2018-toer in Australië en Nieu-Seeland op, want dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

Die optredes vind in Junie in Auckland, Brisbane, Perth, Wellington, Sydney, en Melbourne plaas.

Kom sing en lag saam met hierdie ongelooflike kunstenaars:

15 Junie Auckland – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
16 Junie Brisbane – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
17 Junie Perth – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
22 Junie Wellington – Snotkop, Refentse en Nianell
23 Junie Sydney – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit
24 Junie Melbourne – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop. As jy boonop voor 1 Maart bespreek, kry jy ’n 20%- doutrapperafslag.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest