Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: 10 Degrees South

Jul 25, 2018

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen in jou omgewing. So eg Suid-Afrikaans soos sokkie in die skoolsaal en rugby-raai. Biltong, Ouma beskuit, blatjang, hulp met finansiering, immigrasie, Suid- Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog meer, word gevind op die Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede in die wye wêreld. Ondersteun mede Suid-Afrikaners in jou omgewing.

Hierdie week fokus ons op die immergewilde 10 Degrees South restaurant in Atlanta, Georgia in die VSA. Hierdie restaurant is in 1998 gestig en is die eerste Suid-Afrikaanse restaurant wat in die VSA gevestig is. 10 Degrees South was die vlagskip restaurant van die Justin Anthony hospitaliteitsgroep, True Story Brands. Hierdie Suid-Afrikaanse restaurant is diep gewortel in familie tradisies en beklemtoon die leefstyl, dekor en kookkuns so eg aan Suid-Afrika. Die afgesonderde binnenshuise patio skep die gevoel van ‘n hutjie en skep ‘n gesellige hawe vir gaste, wat gepaard gaan met ‘n ongeëwenaarde spyskaart en kulinêre ervaring.

Die spyskaart spog met bobotie in verskillende vorms, soos bobotie rolletjies, tradisionele bobotie en hoender bobotie, daar is ook boerewors, volstruisvleis en selfs malvapoeding.

10 Degrees South is geleë in 4183 Roswell Road in Atlanta, Georgia en vir meer inligting of om te bespreek kan hierdie nommer geskakel word, +1 404-705-8870 of ‘n e-pos kan gestuur word na info@10degreessouth.com.

Besoek gerus hul Facebookblad hier , hul profiel op ons Wêreldgids hier of hulle webblad hier

As jy jou besigheid wil lys kan jy dit sommer maklik hier doen!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest