Leesvordering:

Nuwe visumregulasies vir Suid-Afrika bekend gemaak

Sep 25, 2018

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het op Dinsdag, 25 September 2018 tydens ’n mediakonferensie in Pretoria veranderinge aan Suid-Afrika se visumregulasies bekend gemaak. Volgens Gigaba onderneem sy departement om migrasie te bestuur op ’n wyse wat ekonomiese ontwikkeling sal bevorder.

Die verandering volg ná president Cyril Ramaphosa se aankondig Vrydag oor die regrukplan vir ekonomiese hervormings as deel van sy stimuluspakket. Dié hervormings sluit veranderinge aan Suid-Afrika se visumregulasies in.

Die wysigings sluit in die regulasies oor die reis met minderjariges en die lys van lande wat visums vereis om Suid-Afrika binne te kom. Die visumvereistes vir hoogsgeskoolde buitelanders gaan ook hersien word en ’n e-visumprojek word ook in die vooruitsig gestel.

Die reisregulasies wat bepaal dat Suid-Afrikaners onder 18 jaar sowel ’n volledige geboortesertifikaat moet hê as geskrewe toestemming van ouers of voog(de) wat die kind se reisplanne goedkeur, bly steeds geldig. Die reëls vir buitelandse burgers wat saam met minderjariges reis, sal egter vereenvoudig word sonder om hul veiligheid te benadeel of die regte van hul ouers in gevaar te stel. Wysigings maak dit ook makliker vir buitelanders om saam met hul kinders te reis, aangesien dié vereiste ’n groot hindernis vir internasionale toerisme was.

Die verwysing na “onverkorte geboortesertifikaat” word vervang met die meer beskrywende frase “geboortesertifikaat wat besonderhede van die ouers bevat”. Dit verwys egter steeds na dieselfde dokument. Dit is ook bekend gemaak dat daar planne is om ouerbesonderhede in die toekoms in die minderjarige se paspoort te druk, wat ’n onverkorte geboortesertifikaat dan oorbodig sal maak.

Die inwerkingstelling van reisregulasies met betrekking tot minderjariges sal binne genoegsame tyd voor die feesseisoen plaasvind, wanneer die meeste mense met hul kinders op reis wil gaan.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora, kom dié toegewing dalk te laat. “Ons spreek ons kommer oor die uitwerking hiervan uit sedert die visumregulasies vir die eerste keer bekend gemaak is. Suid-Afrika se toerismebedryf het reeds groot skade gely – insluitend ’n verlies aan werksgeleenthede.

“Dieselfde geld immigrasie. Suid-Afrika gaan tans onder ’n groot vaardigheidstekort gebuk, en as toeriste afgeskrik word, sal dit soveel te meer immigrante geld in ’n internasionale omgewing waarin daar ernstig om vaardighede en kundigheid gekompeteer word,” sê De Wet.

AfriForum verwelkom die veranderings aan visumregulasies, aangesien die organisasie wil hê dat almal wat deur die nuwe regulasies geraak word – insluitende toerismeondernemings, lugrederye, buitelandse sakekamers, en migrasiespesialiste, asook AfriForum – met sowel die departement van binnelandse sake as toerisme moet saamwerk om werkbare oplossings vir die probleme te vind. Die doeltreffende bestuur van beheermaatreëls is ook noodsaaklik vir die land se ekonomiese groei.

Die volledige gewysigde regulasies sal op AfriForum se webtuistes by www.afriforum.co.za en www.wereldwyd.co.za gepubliseer word.

 

Hiermee Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, se verklaring soos verskyn op binnelandse sake se webtuiste. Statement by the Minister of Home Affairs, Mr. Malusi Gigaba

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest