Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Karoo Restaurant

Sep 26, 2018

Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos Cream Soda by ’n skoolsokkie. Die Wêreldgids bevat alles wat jy moontlik nodig kan hê om die verlange huis toe net so ’n klein bietjie ligter te maak; van biltong en boerewors tot melktert en vetkoek. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming uit die gids om in die Kollig te verskyn – hierdie week is dit Karoo Restaurant.

Karoo Restaurant word geïnspireer deur die diverse geure van Brittanje, Nederland, Afrika, Maleisië, Portugal en Indië, wat die basis vorm van die heerlike disse van sjef Sanette Groenewald se vaderland, Suid-Afrika. Sanette het die betowering van die Kaap na Cape Cod gebring en ’n suksesvolle, kleurvolle, ekovriendelike restaurant met besonderse disse op die been gebring.

Die spyskaart bied iets van alles – van hoemoes en pitta vir voorgereg tot Karoo bunny chow en nog baie ander lipleklekker disse. Jy kan selfs van die souse koop indien jy eenvoudig nie genoeg daarvan kan kry nie.

Adres: Mainstraat 3, Eenheid 32, Eastham, Massachusetts

Telefoonnommer: +1 508 255 8288

Besoek Karoo Restaurant se webtuiste hier.

Besoek Karoo Restaurant se Facebook-blad hier.

Besoek Karoo Restaurant se profiel op die Wêreldgids hier.

Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest