Leesvordering:

Boek van die Week: Losprys

Okt 19, 2018

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Dit is egter presies wat hy kry; dit is boonop ’n ontvoering vir ’n losprys, ’n hoë-profielsaak, dus. Die desperate Amerikaanse ouers is aan die een kant en die ambisieuse kaptein druk Lubambo aan die ander kant. Almal wil resultate hê.

Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg is in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – en te verbreek – kan sy net wag.

Die roman fokus op twee bene: die naspeur van leidrade, getuies en verdagtes, deur die oë van adjudant Enzo Ariefdien van die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid, en die onderhandelings met die ontvoerders deur adjudant Karla Blanckenberg van die Gyselaaronderhandelingseenheid.

Kort voor lank staar elkeen van die rolspelers ’n keiharde waarheid in die oë: dat ryk kinders altyd voorkeurbehandeling kry wanneer hulle wegraak. Die einde sal jou in die maag skop.

Soos met sy vorige romans het Martin Steyn met die mense gaan praat wat regtig sulke sake ondersoek, insluitend speurders en onderhandelaars. Hy het geloop waar sy karakters loop, van Houtbaai en Imizamo Yethu tot Mitchells Plain. Dit gee die verhaal ’n grinterige realisme.

Steyn se eerste roman is onlangs aanvaar vir publikasie in Turkye. Hou hierdie man dop, en lees hom!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest