Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Amanzi Restaurant

Okt 24, 2018

Indien jy in die buiteland woon en hard aan die knop in jou keel moet sluk wanneer jy terugdink aan aande in die Bosveld met potjiekos wat op die vuur prut, dan is Wêreldwyd se Wêreldgids net wat jy nodig het. Die Wêreldgids sal die verlange huis toe so ’n klein bietjie ligter maak; dis nou nie ’n kampvuur in die Bosveld nie, maar is darem naby genoeg. Elke week kies Wêreldwyd ’n onderneming uit die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Amanzi Restaurant in Falmouth in die Verenigde Koninkryk.

Amanzi is ’n onafhanklike, informele restaurant wat daarin glo om vars, seisoenale en plaaslike produkte van Cornwall aan te koop en geregte met Suid-Afrikaanse invloede op te tower. Die atmosfeer mag dalk ontspanne wees, maar die diens is opgewek en vriendelik. Amanzi bied ’n groot verskeidenheid geregte om almal se smaak te pas.

Amanzi se spyskaart pronk met allerlei disse wat Suid-Afrikaners se hartsnare sal roer en die monde sal laat water. Vergeet van ’n driegangmaaltyd en maak dit sommer ’n vyfgang! Skop jou kuier by Amanzi af met heerlike skemerkelkies en geniet sommer ’n voor-voorgereg van biltong, droëwors of Dukkah; daarna kan jy smul aan heerlike boerewors met sadzaskyfies vir voorgereg en dan na bobotie beweeg vir hoofgereg (of ’n plat bord seekos). Sluit die aand af met koeksisters, malvapoeding of melktert (of sommer al drie) vir nagereg.

Adres: 38 Arwenack St, Falmouth TR11 3JF, UK

Besoek Amanzi Restaurant se profiel op die Wêreldgids hier

Besoek Amanzi Restaurant se webtuiste hier

Lys jou besigheid op die Wêreldgids hier

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest