Leesvordering:

Soek jy werk oorsee? Pasop vir dié wat jou wil inloop!

Nov 14, 2018

Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIS) het onlangs ’n verslag gepubliseer wat aandui dat Suid-Afrikaners al meer op die internet geteiken word met valse werksaanbiedinge en leë beloftes van oorsese droomposte. Volgens die FIS word jong mense met goeie kwalifikasies veral geteiken. Dit gaan só ver dat dié vals agentskappe selfs telefoniese of Skype-onderhoude voer om dit realisties te laat voorkom. Dié lokvalle lei aansoekers om dan hul persoonlike inligting soos bankbesonderhede, identiteitsnommer en kredietkaartbesonderhede te gee voordat die proses voltooi kan word.

Volgens canadaabroad.com het Suid-Afrikaners se aansoeke vir werk oorsee die hoogte ingeskiet, maar fopkonsultante het ook om elke hoek en draai begin uitspring. Hoe verseker jy dat jy nie om die bos gelei word nie?

Vermy lokvalle só:

  • Vind by die ambassade uit wat die werksvereistes is in die betrokke land waar jy aansoek doen.
  • Loer na verskeie bronne op die internet sodat jy weet wat die verwagte salaris, werksure en visumvereistes is vir die pos waarvoor jy aansoek doen.
  • Soek op die internet vir die e-posadres, telefoonnommer en webtuistebesonderhede van die agentskap met wie jy gesels, asook van die werkgewer wat jou nader. Let wel dat valse agente selfs webtuistes namaak. Indien jy iets vermoed, probeer die maatskappy skakel en maak seker dat die kontakpersoon daar werksaam is.
  • Vermy om enige betalings aan agentskappe te maak voordat jy verhuis.
  • Vra die agent met wie jy werk of hulle ’n geregistreerde immigrasiekonsultant, prokureur of notaris is. Indien wel, vra hulle vir die registrasienommer en by watter liggaam hulle geregistreer is. Die betrokke regulatoriese liggaam sal die registrasienommer vir jou kan bevestig. Vir Nieu-Seeland, Kanada en Australië moet die konsultant wat jou adviseer ’n geregistreerde konsultant wees.
  • Soek op sosiale media vir plasings waar die betrokke agentskap se naam genoem word. Jy sal vinnig optel as iemand anders al om die bos gelei is. Op sosiale media sal jy ook vinnig agterkom of hulle baie volgelinge het, gereelde plasings maak en of daar mense is wat terugvoer gee oor hul ervarings. Het hulle foto’s, onderhoude met kliënte en plasings wat nie generies is nie?
  • Gebruik aanlyn graderingsmaatskappye om te sien wat mense se ervaring was. GoAbroad.com en GoOverseas.com is voorbeelde van webtuistes waar jy kan sien hoe onderskeie agentskappe gegradeer is.

Dit is welbekend dat talle Suid-Afrikaners na geleenthede oorsee op soek is, en as die proses te eenvoudig lyk dan is dit te goed om waar te wees. Óf jy permanent wil emigreer óf vir ’n jaar Engels in China wil aanbied, maak staat op verwysings van mense wat jy ken. Dit is moeilik om te onderskei tussen ’n lokval en ’n werklike geleentheid, maar ’n agentskap wat al dekades lank in besigheid is gaan anders lyk as iemand wat hulself as ’n kenner wil voordoen. Om die wêreld vol te werk is opwindend, en as jy geduldig bly en nie kortpaaie soek nie, gaan dit ’n eens in ’n leeftyd belewenis wees!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest