Leesvordering:

Goeie nuus vir Suid-Afrikaners wat by die Britse weermag wil aansluit

Nov 14, 2018

Suid-Afrikaners wat daarin belangstel om aan te sluit by die Britse weermag sal bly wees om te verneem dat daar onlangs ’n reëlwysiging deurgevoer is ten opsigte van die werwingsproses van die Britse weermag.

Vroeër in hierdie maand (November 2018) het die British Armed Forces aangekondig dat burgers van Britse Statebondslande (Engels: British Commonwealth of Nations) vanaf die datum van aankondiging toegelaat sal word om aansoek te doen vir alle range en posisies in die Britse weermag, sonder dat hulle eers moet voldoen aan die vereiste van voorafgaande verblyf van vyf jaar in die Verenigde Koninkryk (VK).

In 2013 het die Britse weermag so ’n vyfjaar-verblyfvereiste ingevoer vir alle aansoekers. Sodanige aansoekers is dan verplig om eers vyf jaar in die VK te woon op grond van ’n visum wat lei tot permanente verblyfsreg, soos byvoorbeeld die voorouerroete tot permanente verblyf. Hierdie vereiste is dus nou geskrap, en alle burgers van lande wat behoort aan die Statebond kan nou aansoek doen vir alle range en posisies, sonder enige voorafgaande verblyfsvereistes

Suid-Afrika is natuurlik ook lid van die Statebond, en gevolglik kan Suid-Afrikaners dus nou aansoek doen om poste!

Statebondslande is tans die volgende:

Antigua en Barbuda, Australië, die Bahamas, Bangladesj, Barbados, Belize, Botswana, Broenei, Ciprus, Dominica, Eswatini (voorheen Swaziland) Fidji, Ghana, Grenada, Guiana, Indië, Jamaika, Kameroen, Kanada, Kenia, Kiribati, Lesotho, Malawi, Maleisië, Malta, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nauru, Nieu-Seeland, Nigerië, Pakistan, Papoea-Nieu-Guinee, Rwanda, Samoa, Seychelle, Sierra Leone, Singapoer, Sint Kitts en Nevis, Sint Lucia, Sint Vincent en die Grenadines, die Solomon-eilande, Sri Lanka, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Tonga, Trinidad en Tobago, Toewaloe, Uganda, Vanuatu, Zambië.

Die minister verantwoordelik vir die Britse weermag, Mark Lancaster, het in sy aankondiging spesifiek na Suid-Afrika verwys. Hy het genoem dat die Britse weermag meer as 7 500 lede in sy geledere het wat burgers is van Statebondslande, met baie afkomstig uit Suid-Afrika, Fidji en Australië.

Die Britse weermag se werwingsproses

Vanaf die datum van aankondiging is aansoeke vir alle range en posisies in die Britse weermag oop vir Suid-Afrikaanse burgers vanaf die ouderdom van 18 jaar.

Daar is aangedui dat daar jaarliks 1 350 persone uit Statebondslande gewerf sal word. Hiervan sal ongeveer 1 000 gewerf word deur die leër (Engels: British Army), 300 deur die koninklike vloot (Engels: Royal Navy) en 50 deur die koninklike lugmag (Engels: Royal Air Force).

Die koninklike vloot en die koninklike lugmag het reeds met hulle werwingsproses begin. Die Britse weermag in Januarie 2019 sal met hulle werwingsproses begin.

Afhanklikes en Britse burgerskap

Suid-Afrikaanse burgers wat daarin slaag om by die Britse weermag aan te sluit, sal bly wees om te verneem dat hul gesinslede by hulle sal kan aansluit. Eggenote(s), lewensgeselle en afhanklike kinders kan ingesluit word as afhanklikes. Suksesvolle kandidate sal uiteindelik permanente verblyfregstatus kan verkry wat toegang bied tot Britse burgerskap.

Vir verdere inligting oor hoe jou gade, lewensgesel, kinders en ander afhanklikes by jou kan aansluit, is jy welkom om in verbinding te tree met Breytenbachs Immigration Consultants by www.bic-immigration.com.

 

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest