Leesvordering:

AfriForum verklaar dispuut met MTN weens beweerde rassisme

Mar 20, 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n dispuut met MTN verklaar en ’n openbare veldtog van stapel gestuur weens die beweerde rassistiese gedrag wat deur die telekommunikasiemaatskappy onderskryf word. Dit volg nadat MTN aangekondig het dat hy sy borgskap by ’n groot Afrikaanse musiekfees onttrek het omdat MTN nie die persoonlike standpunte van een van die kunstenaars wat by die musiekfees optree, onderskryf nie. Terselfdertyd skroom MTN nie om as borg vir die politieke byeenkomste van die ANC en die EFF op te tree nie. Die publiek word gevra om hul stemme by dié veldtog te voeg.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat MTN se kriteria vir borgskap dus daarop neerkom dat hulle die persoonlike standpunte van diegene wat by ’n projek betrokke is, moet onderskryf. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat MTN met sy borgskappe aan die ANC en EFF die standpunte van beide hierdie partye onderskryf.

“Die ANC het gedreig dat wit boere se grond met geweld afgeneem sal word as hulle dit nie vrywilliglik aan swart mense oorhandig nie en die EFF hits misdaad teen mense op grond van hul ras aan. Albei partye maak hulle ook aan haatspraak teen minderhede skuldig. Met hierdie stap gee MTN as ’t ware toe dat hulle die ANC en die EFF se rassisme goedkeur,” sê Roets.

MTN het in ’n verklaring gesê dat hulle nie deel van die betrokke Afrikaanse musiekfees kan wees nie omdat hulle daarna streef om Suid-Afrikaners nader aan mekaar te bring en dat die maatskappy sy handelsmerk wil versterk met die keuse van borgskappe wat aangegaan word. MTN het bygevoeg dat die persoonlike standpunt van slegs een individu vir hulle genoegsaam is om hul borgskap te onttrek. “Met hierdie uitgangspunt verklaar MTN dus dat hulle die persoonlike (en soms blatante rassistiese) standpunte van elke individu wat by die ANC en die EFF betrokke is, onderskryf,” sluit Roets af.

Die publiek word aangemoedig om AfriForum se dispuut met MTN te ondersteun deur die webtuiste www.afriforum.co.za/afriforum-verklaar-dispuut-met-mtn/ te besoek en hul name by dié veldtog te voeg of stuur ’n SMS met die woord “MTN” na 45352 (R1).

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest