Leesvordering:

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees

Mei 2, 2019

deur Jaco Brand

Soos jy seker weet, is daar baie Suid-Afrikaners wat in die VSA woon, en ons mis ons kultuur. Dus kan jy vra wat is die oplossing? Wel, dis ’n byeenkoms vir Suid-Afrikaners. Van 19 tot 21 April 2019 het ons die eerste jaarlikse Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees gehou, en wel in Richmond, Virginia.

Dit is deur ongeveer 300 mense bygewoon wat hierdie kultuurryke byeenkoms geniet het met boerewors, jafels, pasteie, beskuit, koeksisters en nog baie meer.

Ons het Vrydag met ’n braai begin, en later die aand was daar ’n sokkie. As jy die volgende oggend blase onder jou voete het van al die kaalvoet sokkie, dan weet jy mense het vet pret gehad!

Saterdag was die hoofdag: daar was boeresport met sakresies, driebeenresies en baie meer; die hoofitem was die toutrek vir mans van alle ouderdomme, en dit was behoorlik oorlog. Teen etenstyd was die potjiekompetisie volstoom aan die gang, en die spanne was baie mededingend. Om 16 potjies te beoordeel is nie maklik nie; almal was baie goed, en die eerste prys, wat deur Wêreldwyd geborg is, is deur ’n heerlike kerriebeesstertpotjie verower. Die aand is afgesluit met ’n prysuitdeling en nog ’n sokkie, blase ofte not.

Die byeenkoms was ’n reusesukses; orals kon jy Afrikaans hoor, asof jy by die huis is. Orals het mense geglimlag, genetwerk, grappe gemaak en rugby en krieket gespeel. Ons het dit so geniet dat ons onmiddellik volgende jaar se byeenkoms bespreek het – dit sal op 24 tot 26 April 2020 plaasvind. Dié keer gaan dit nog groter en beter wees – hoop ons sien jou daar!

Ons bedank graag Wêreldwyd en al ons ander borge wat deel van ons groot sukses was.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest