Leesvordering:

Boek van die week: Ondier

Mei 22, 2019

Iewers diep in die bos buite die stil dorpie van Somerset-Oos huil ’n baba. ’n Vrou word aan die stam van ’n bloekomboom vasgemaak en wreed vermoor.

Olaf Demeyer word ingeroep om met die ondersoek te help, maar is hy dalk net té naby aan alles om objektief te wees?

Jan Vermeulen het homself met Die Vyfde Aspoester se opvolg – die misdaadriller Ondier – oortref. Olaf Demeyer is natuurlik weer die hoofkarakter en ’n paar bekende name uit Die Vyfde Aspoester maak weer in Ondier hul verskyning, maar oor Ondier egter by Die Vyfde Aspoester aansluit, is dit nie te sê dat lesers nodig het om dít te lees voordat hulle met Ondier wegval nie. Vermeulen verwys genoeg na Die Vyfde Aspoester terug om die leser ’n idee te gee van wat gebeur het en ’n mens raak steeds vinnig aan die karakters geheg om in hul hartseer en pyn te deel.

Ondier is ’n uitstekende misdaadriller wat jou nekhare sal laat rys, maar wees gewaarsku: Dié is beslis nie ’n boek vir sensitiewe lesers nie. Ondier bespreek verskeie sensitiewe onderwerpe wat die leser dwing om ’n paar ongemaklike realiteite soos verkragting, kannibalisme, geweld teen vroue en psigiese versteurings in die gesig te staar.

Vermeulen het gesorg dat daar genoeg kinkels in hierdie kabel is dat jy behoorlik aan die raai sal bly oor wie die skuldige is. Moet egter nie eers dink dat jy weet wie die skuldige is nie, want die kanse is goed dat jy verkeerd gaan wees. Jy gaan hierdie boek nie wil neersit nie, so sorg dat jy jou naweek wawyd oophou vir dié een.

Ondier is propvol spanning en sal jou beslis op die punt van jou stoel en aan die raai hou.

Ondier

Jan Vermeulen

Spanningsroman

9780799394283

R285,00

Meer oor die outeur

Chante Kelder-Jansen van Rensburg

Chanté Kelder-Jansen van Rensburg is 'n mediaskakelbeampte by AfriForum. In haar vrye tyd hou sy daarvan om boek te lees en ook om self so bietjie te skryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest