Leesvordering:

S-leer: Moderne lewenslange leer in Afrikaans

Jul 18, 2019

S-leer is Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer en ontwikkeling.  S-leer se grootste droom en doelwit vir 2019 kan in drie baie belangrike punte verduidelik word.

  1. Lewenslange leer

Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering en dit is lewenslange leer.  Voortgesette leer het die afgelope paar jaar, maar veral in 2019, gonswoorde in die werkplek begin word.  Dit beteken nie dat ʼn mens jou deurlopend met kwalifikasies moet toerus nie, maar eerder deurlopend bly leer en op die voorpunt van ʼn mens se beroep bly.

  1. Gilde-lede

Die Solidariteit Beroepsgildes het unieke behoeftes aan leer in hulle onderskeie beroepe en werkplekke.  Die aard van werk is besig om te verander en werk soos ons dit ken, is al lankal nie meer oor “doen jou werk” nie, maar eerder meer oor jou aanpasbaarheid in ʼn nuwe werksituasie wat nuwe tegnologie en nuwe maniere om met ander te werk, behels.  Die gilde-lede werk in omgewings waar werkers slimmer dink, skeppend en innoverend dink, en meer bekwaam is.

  1. Nuwe leermetodes

Leermetodes is ook besig om drasties in die vierde industriële rewolusie waarin ons tans beweeg, te verander.  Outomatisering, robotika en kunsmatige intelligensie is nie net meer konsepte wat in die verre toekoms lê nie, maar realiteite geword het, ook in metodes hoe ons leer.  S-leer sal lede met e-leer, webinare, seminare, en ʼn gemengdeleermodel oplei.

S-leer se droom is dus om Solidariteit se gilde-lede deur middel van die nuutste leermetodes met vaardighede toe te rus.  Sodoende kan hulle op die voorpunt van hulle beroepe bly en verseker dat hulle ʼn goeie werk kry, maar nog belangriker, om die goeie werk te behou.

Skep jou eie profiel op www.s-leer.co.za en begin leer.

Kyk veral uit vir die volgende gratis webinare:

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest