Leesvordering:

AfriForum: Presidensiële verslag oor grondhervorming ekonomies naïef en onderliggend rassisties – verskerpte veldtog beplan

Jul 29, 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike en internasionale vlak sal verskerp. Dít volg nadat die presidensiële taakspan oor grondhervorming se verslag vandag bekendgestel is. AfriForum het die verslag as ’n verontagsaming van basiese ekonomiese beginsels beskryf en sy kommer oor die rassistiese onderbou daarvan uitgespreek.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die verslag onderliggend rassisties is omdat dit ’n voortsetting is van die aanname dat die ras van ’n grondeienaar bepalend moet wees met betrekking tot die legitimiteit van daardie eienaarskap. “Die onderliggende boodskap van die verslag is dat swart eienaarskap goed is en wit eienaarskap sleg is. Om hierdie aanname te staaf, word daar selektief met die geskiedenis en die feite omgegaan.” Roets voeg by dat AfriForum ten gunste is van regstelling in gevalle waar onregte plaasgevind het, maar dat so ’n proses moet behels dat die spesifieke geskiedenis van elke stuk grond nagegaan word. “Die verslag voer aan dat daar op sekere dele van Suid-Afrika se oppervlak ongeregtighede met betrekking tot grondeienaarskap plaasgevind het, maar dat rasgebaseerde grondhervorming oor die hele oppervlak van Suid-Afrika uitgevoer moet word.”

Roets sê verder dat die presidensiële taakspan klaarblyklik ekonomies naïef is. “Die president en die taakspan verklaar graag dat grondhervorming die ekonomie moet laat groei. In werklikheid is daar egter geen verband tussen die voorstelle van die taakspan en vooruitsigte vir ekonomiese groei nie. Die gepeuter met die vrye mark, soos die voorgestelde skrapping van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper, sal die teenoorgestelde tot gevolg hê.”

AfriForum spreek verder sy kommer uit oor die voorstel dat die Ingonyama Trust, met betrekking waartoe die Zoeloe-koning as trustee namens die Zoeloe-gemeenskap optree, se grond geteiken moet word en voeg by dat hy sal voortgaan om, saam met ander gemeenskappe, standpunt teen onverantwoordelike grondhervorming in te neem.

  • AfriForum sal in die komende week ’n meer volledige reaksie op die verslag publiseer en ’n veldtogplan aankondig.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest