Leesvordering:

AfriForum staan steenkoolmyn by Nasionale Krugerwildtuin teen

Jul 30, 2019

AfriForum se regspan het reeds ’n skrywe aan Singo Consulting (Mpy.) Bpk. en Manzolwandle Investments (Mpy.) Bpk., wat steenkool wil ontgin, gestuur oor die gebrekkige proses wat tot dusver gevolg is.

Lambert de Klerk, AfriForum se hoof van omgewingsake, sê die skrywe is genoodsaak omdat die betrokke partye versuim het om voldoende inligting oor die beoogde myn bekend te maak. Voorts is geen behoorlike konsultasie- of openbaredeelnameproses nog gevolg nie. Belanghebbendes het nie die geleentheid gehad om as belangegroepe te registreer nie en geen dokumente soos ’n omgewingsimpakstudie is beskikbaar gestel nie.

Dit is ook onthul dat dele van die impakstudie woord vir woord ooreenstem met dié van ’n ander myn in die omgewing. AfriForum konsulteer tans met sy regspan sodat die nodige regstappe gedoen kan word.

Die partye het AfriForum ná die skrywe wel as belangegroep geregistreer, maar net tot 15 Augustus 2019 tyd gegee om insette te lewer. AfriForum het daarop gewys dat dié tydraamwerk onredelik is en het vir uitstel gevra. AfriForum sal ’n kundige aanwys om ’n behoorlike inset teen die myn voor te berei.

Volgens De Klerk is dit duidelik dat diegene wat die myn beoog tot op hede nie in goedertrou opgetree het nie. Twee vergaderings is op baie kort kennisgewing gehou wat dit vir geaffekteerde gemeenskappe onmoontlik gemaak het om dit by te woon of enige insette te lewer.

Manzolwandle Investments wil die steenkoolmyn oor ’n gebied van 18 000 ha digby die Krugerwildtuin begin. Dit hou enorme nadelige en vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier en ander waterbronne, natuurreservate, natuurlewe, die padnetwerk in Mpumalanga en landbouaktiwiteite in. Mpumalanga as toeristebestemming kan ook ekonomies in duie stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word, meen De Klerk.

De Klerk het ook gewys op ’n onlangse uitspraak van die appèlhof teen die departemente van omgewingsake en minerale hulpbronne se goedkeuring vir Atha Africa Ventures (Mpy.) Bpk. om met ’n steenkoolmyn in die Mabola-gebied in Mpumalanga voort te gaan. Die departemente het die aansoek stil-stil goedgekeur, terwyl dié gebied ’n geproklameerde bewaringsgebied is. Die hof het bevind die ministers was nie deursigtig nie en dat die besluit oorhaastig geneem is.

“Dit wil blyk dat daar al hoe meer sulke vergrype in Mpumalanga voorkom en AfriForum sal nie toekyk hoe onwettige mynbedrywighede die land verwoes nie,” sê De Klerk.

Jy kan ons help deur ons veldtog #BewaarOnsNatuur te ondersteun. Teken die petisie: https://www.afriforum.co.za/weg-met-myn-by-krugerwildtuin/.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest