Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: LekkeVlieg

Jul 31, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos Anton Goosen liedjies op die langpad. Elke week kies Wêreldwyd ‘n besigheid vanaf die Wêreldgids om in die Kollig te staan. Hierdie week kyk ons na LekkeVlieg.

Al is dit hoe lekker om in die kar te spring en saamsingmusiek op te sit, kan jy nie altyd oral heen ry nie, daarom het ons lughawens en vliegtuie. As jy al ooit ‘n vliegtuigkaartjie vir jouself of vir iemand anders moes bespreek, dan weet jy dis nie altyd so maklik nie; soms word terminologie gebruik wat nie allemanstaal is nie. LekkeVlieg is die antwoord! Om jou vakansie oorsee te bespreek, hoef nie meer ‘n angswekkende ondervinding te wees nie, want LekkeVlieg maak dit sommer kinderspeletjies!

LekkeVlieg gebruik dieselfde verbruikersvriendelike formaat as LekkeSlaap en jy hoef beslis nie ‘n wetenskaplike te wees om hulle webtuiste te gebruik nie.

Hier is verskeie ander redes waarom LekkeVlieg jou eerste keuse moet wees vir die bespreking van jou vliegtuigkaartjie:

  • LekkeVlieg bied uitstekende bystand; as jy nie weet waar om te begin of te eindig nie sal ‘n LekkeVliegagent jou sommer gou-gou help.
  • By LekkeVlieg kan jy honderde lugrederye en roetes met mekaar vergelyk.
  • LekkeVlieg is veilig en betroubaar, en duisende Suid-Afrikaners kan daarvan getuig.
  • LekkeVlieg is deel van ‘n maatskappy met tien jaar ervaring in die reisbedryf.
  • LekkeVlieg is selfoonvriendelik.

Nog nie oortuig nie? Kyk dan na hierdie bonuspunt: LekkeVlieg aanvaar elektroniese fondsoorplasings (EFT) en kredietkaartbetalings en hulle het geen versteekte kostes nie.

Is jy op pad êrens heen? Kies dan LekkeVlieg om jou volgende plaaslike óf internasionale vlug te bespreek. Oudergewoonte staan ons lekke agente jou stap vir stap by met uitstekende diens om jou vlugbespreking so maklik as moontlik te maak. Duisende Suid-Afrikaners maak daagliks van ons dienste gebruik ─ met goeie rede. Ons sal sorg dat jy die beste vlugopsie kry, dit sommer gou op jou selfoon te bespreek en lekke maklik betaal.

Klink lekke, nè? Ja, ons dink ook so!

 

LekkeVlieg logo

Besoek LekkeVlieg se webtuiste hier

Besoek LekkeVlieg se Facebook-blad hier

Besoek LekkeVlieg se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest