Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Carnivore Meat Company

Aug 21, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos biltong, braaivleis en rugby op ‘n Saterdagmiddag. Hier het ons ‘n mengelmoes van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland wat verskeie dienste verskaf. Daar is kerke wat dienste in Afrikaans aanbied, Suid-Afrikaanse rekenmeesters, dokters, prokureurs en natuurlik ook talle winkels wat verseker dat jy nie te veel na jou Suid-Afrikaanse gunstelinge soos biltong en melktert verlang nie. Soos hierdie week se onderneming in die Kollig, Carnivore Meat Company in Franklin, Tennessee.

Carnivore Meat Company is die waarwording van ‘n droom vir man en vrou-span SJ en Virginia Botha. Hulle het reeds in Suid-Afrika ‘n barbeque restaurant gehad wat gefokus het om die geure en tradisionele barbeque styl van Virginia se tuisland, die VSA, na Suid-Afrika te bring. Nadat hulle terug verhuis het na die VSA ‘n paar jaar later, het hulle besluit om steeds te hou by vleis maar om biltong wat eg is aan SJ se vaderland, Suid-Afrika, as hulle spesialiteit te verkoop.

Carnivore Meat Company bied hoë kwaliteit vars vleisprodukte, tuisgemaakte wors, jerky en natuurlik hul groot trekpleister, biltong wat voorberei word volgens Suid-Afrika se tradisionele resepte en drogings metodes.

Hulle is bedrywig op hul sosiale media platforms, op Facebook deel hulle veral hul spesiale aanbiedinge en snaakse memes oor biltong – hulle Instagram is nou weer propvol foto’s van al hul produkte wat hulle bied. Carnivore Meat Company lewer ook van hul produkte af om dit vir jou nog makliker te maak om biltong te kry!

Besoek Carnivore Meat Company se webtuiste hier

Besoek Carnivore Meat Company se Facebook-blad hier

Besoek Carnivore Meat Company se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest