Leesvordering:

Inkopiegids: Verstaan kruideniersware in ander lande

Jun 5, 2023

Volgens Five Star spandeer die gemiddelde persoon 60 uur per jaar in kruidenierswinkels en hou die gemiddelde kruidenierswinkel 39 500 items aan! Geen wonder inkopies is so oorweldigend as jy in ’n nuwe land kom nie. Alles is anders: benamings, handelsmerke en verpakking. Berei jou dus voor op die vreemde produkte en unieke benamings sodat jy sommer uit die staanspoor jou kombuis kan volmaak met al die regte kruideniersware!

Hier is ’n lys van items, gebruike of winkels waaraan jy heel moontlik nie gewoond is nie:

  • Strykwater: In die Verenigde Koninkryk verkoop hulle verskillende geure water waarmee jy kan stryk sodat jou klere lekker ruik. In Suid-Afrika is ons net gewoond daaraan om geurmiddels by te voeg wanneer ons ons klere was en nie wanneer ons dit stryk nie. Maar as jy dit wil uittoets, wees op die uitkyk vir Sainsbury of Tesco strykwate.
  • Eiers: In Amerikaanse kruidenierswinkels is die eiers gewoonlik in yskaste by die melk- en kaasprodukte, terwyl dit in Suid-Afrika, Duitsland en Engeland sommer sonder verkoeling op die rak staan.
  • Kaas: In talle lande word die sterkte van kaas op die pakkie aangedui. ’n Een of twee dui aan dat dit maklik is om te eet terwyl ’n drie of vier verouderde kase met ’n sterker smaak is.
  • Sondaginkopies: In Duitsland is dit moeilik om op ’n Sondag oop kruidenierswinkels te kry. In groot stede is dit meer algemeen maar steeds met baie beperkte handelsure. Moenie verwag dat die plaaslike kruidenierswinkel sommer tot sesuur of agtuur op ’n Sondagaand gaan oop wees soos in Suid-Afrika nie!
  • Aanlyn kruidenierswinkels: In Australië is die topwebtuistes vir aanlyn kruideniersinkopies Coles, Sprout Market, Youfoodz, Catch, David Jones, eBay en Amazon Australia. In Nieu-Seeland kan jy by Countdown aanlyn inkopies doen en in Wellington ook by New World.
  • Cheez Whiz: Vir Amerikaners is Cheez Whiz ’n algemene produk; dit is kaassous in ’n bottel wat jy kan gebruik om op jou brood te smeer, op jou groente te sit of sommer net so uit die bottel te eet.
  • Melk: In Kanada en baie ander lande word melk dikwels in sakkies verkoop. In Suid-Afrika is dit ook beskikbaar maar glad nie so algemeen nie. In Duitsland is daar vier soorte melk, naamlik Landmilch (3,8% of meer vet), Vollmilch (3,5% vet), Fettarmemilch (1,5% vet) en Magermilch (0,3% vet). Geen vet word verwyder uit die Landmilch nie; dit word dikwels direk by ’n plaas gekoop. Magermilch is afgeroomde melk en Fettarmemilch is laevetmelk wat gewoonlik tussen 1,5% en 1,8% vet bevat.
  • Cream Soda: Die meeste Suid-Afrikaners het grootgeword met groen Cream Soda, maar wees gewaarsku: Dit is meer uniek as wat jy dink. In Kanada is dit pienk en word onder die naam Crush Cream Soda verkoop, maar Fanta verkoop ook deurskynende Cream Soda. In Amerika is dit deurskynend of ligbruin, in Suid-Amerika is dit rooi en in Hong Kong geel.

Of jy nou in Duitsland, Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Kanada of Amerika is, jy gaan verseker goeie boerewors, Ouma-beskuit en koeksisters mis! Maar jy kan darem ook uitsien na talle nuwe gunstelinge en boonop kan jy deesdae in die meeste groot stede Suid-Afrikaanse produkte aankoop as die gemis te erg raak.

Besoek ook AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 400 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest