Leesvordering:

Brutale plaasmoorde dwing gemeenskappe om te mobiliseer terwyl regering ander pad kyk

Jun 5, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Volgens dié organisasie was daar die afgelope week minstens sewe plaasmoorde landswyd. Die afgelope naweek alleen is daar vier mense vermoor in twee aparte voorvalle. In beide insidente is bejaardes geteiken.

Hennie en Anneke Claassen is wreed gemartel en vermoor op ’n plaas buite Ohrigstad, terwyl Pierre en Belinda de Kock op hul plaas buite Piketberg vermoor is.

Die organisasie betuig sy innige meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers.

“AfriForum maan boere en landelike inwoners om dringend by hul plaaslike buurt- of plaaswagte betrokke te raak. Die enigste manier om hierdie gruwelike aanvalle hok te slaan, is vir gemeenskappe om te mobiliseer en hul paraatheid te verskerp,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Die wreedaardige manier waarop hierdie misdade uitgevoer word, is ’n duidelike aanduiding dat dit nie net gewone misdaad is nie. AfriForum sal aanhou om druk op die regering te plaas en te eis dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad verklaar word en die nodige aandag van die owerhede geniet,” sluit Broodryk af.

Beveilig ’n plaas

AfriForum het ’n veldtog geloods om boere van die nodige basiese opleiding te voorsien om plaasaanvalle te verhoed en oor hoe om te reageer tydens en ná ’n aanval.

Boere word ook opgelei in basiese noodhulpprosedures, wat spesifiek fokus op die soort beserings wat meestal tydens sulke aanvalle opgedoen word.

Alhoewel baie landelike inwoners vuurwapens besit, is nie alle plaasbewoners noodwendig opgelei in die hantering van vuurwapens nie. Daarom bied AfriForum ook basiese opleiding in vuurwapenhantering aan.

Dra by om ’n plaas te beveilig. Besoek www.beveilignplaas.co.za vir meer inligting.

As jy ons aksie wil steun vanuit die buiteland, gaan na:
Vriende van AfriForum

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest