Leesvordering:

Garage Sales

Des 3, 2019

Deur Cathy Kotze

’n Paar emigrante kan bekostig om hulle hele huishouding saam na hulle nuwe tuiste te neem wanneer hulle emigreer, maar die meeste van ons moet voor begin.

Gelukkig is daar “GARAGE SALES”.

Hierdie tipiese Noord-Amerikaanse instelling is die redding van menige immigrant. ’n Ander se weggooigoed kan maklik jou kosbaarste besittings word.

Kanadese en Amerikaners hou van die heel nuutste. Die oue is na slegs ’n jaar of wat weggooigoed: meubels, televisies, skilderye, stowe, yskaste, klere, speelgoed, kombuisware …

Die oplossing? Hou ’n garage sale. Plaas ’n goedkoop advertensie in die plaaslike koerantjie en op ’n Saterdagoggend pak jy alles wat jy oorbodig ag in jou motorhuis en oprit –  en wag vir die stormloop.

Daardie stormloop is ’n gegewe want almal droom van die winskopie van die eeu. Claire Wiegand-Beckmann van die VSA het ’n klein kaarttafeltjie vir $25 op ’n garage sale gekoop en dis ’n jaar of wat later deur Sotheby’s vir $541 500 verkoop!

Wanneer oupa en ouma die tydelike met die ewige verwissel, hou die nageslag ’n garage sale. Al die kosbaarhede wat hulle oor jare versamel het, is nou allemansgoed en te koop vir ’n appel en ’n ei. Gelukkig is daar ander wat dit steeds sal vertroetel.

Toegewyde garage sale-winskopiejagters bekyk alles wat uitgestal is noukeurig. Daar’s dalk ’n Rembrandt of ’n onontdekte Van Gogh onder die stapels prentafdrukke. Wie sê daardie kleuterspatverfprent is nie dalk ’n regte Jackson Pollock-skepping nie?

Antieke speelgoed is baie gewild. Meubels te kies en te keur. Breekgoed. Duur gereedskap …

My ou man moes die meeste van die gereedskap wat hy oor 40 jaar versamel het, in Suid-Afrika agterlaat. Sy hart was stukkend, maar toe ontdek hy garage sales. Deesdae is sy werkwinkel gevul met die heel beste, en hy het selde meer as $10 per item betaal.

Sy kameraversameling is indrukwekkend en duisende dollars werd, maar hy het nie meer as $20 per kamera betaal nie.

My Noritake-eetstel het $8 gekos. Die drie fyn Royal Albert-teestelle was $10 elk. Ons het ’n pragtige antieke sederkis waarvoor ons $20 moes opdok.

Ons het selfs ons eie klein weerstasie saamgestel uit outydse en antieke kosbaarhede.

Mens kan soms bietjie uithaak wanneer dit by garage sales kom. Ek dink nie ons het regtig SES koekoekklokke nodig nie. En ek wonder oor al die manjifieke muurhorlosies wat tans in ons eie motorhuis hang – daar is nie meer plek in ons huis nie!

Garage sales was goed vir ons. Só goed, dat ons self al DRIE moes hou!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest