Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Newt in Somerset

Jan 15, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos varsgebakte plaasbrood en makataankonfyt. Die Wêreldgids is ’n netwerk van Suid-Afrikaanse ekspats en hul ondernemings waar ander Suid-Afrikaners kan tuis voel en ou gunstelinge kan geniet in ’n nuwe omgewing. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings wat in die Wêreldgids gelys is om in die Kollig te verskyn. Hierdie week raak ons weg in die tuine van The Newt in Somerset.

Vernoem na die grootkuifwatersalamander,  wat ’n beskermde spesie in Europa en die Verenigde Koninkryk is, is The Newt in Somerset alles behalwe grillerig. The Newt is ’n viering van alles wat kenmerkend aan Somerset in die Verenigde Koninkryk is. Van die naam tot die appelbome wat regoor die landgoed strek – daar is iets van Somerset om elke draai.

The Newt is die kreatiewe eindproduk van Babylonstoren-stigters en dromers Koos Bekker en Karen Roos. Enige persoon wat al besoek by Babylonstoren in die Wes-Kaap afgelê het, sal dadelik Roos se kenmerkende dekorstyl opmerk in die prag van The Newt, net met ’n Somerset-kinkel.

As jy ooit daarvan gedroom het om deur groot Victoriaanse tuine te wandel, dan sal jou hart behoorlik bokspring wanneer jy deur die hekke van The Newt stap.

Los die gedruis van die stad vir ’n oomblik agter en kom vind jouself in die tuine en geboue van The Newt in Somerset.

Besoek The Newt in Somerset se profiel op die Wêreldgids hier.

Besoek The Newt in Somerset se webtuiste hier.

Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest