Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Biltong & Bangers

Jan 22, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos biltong, braaivleis en rugby op ‘n Saterdagmiddag. Hier het ons ‘n mengelmoes van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland wat verskeie dienste verskaf. Daar is kerke wat dienste in Afrikaans aanbied, Suid-Afrikaanse rekenmeesters, dokters, prokureurs en natuurlik ook talle winkels wat verseker dat jy nie te veel na jou Suid-Afrikaanse gunstelinge soos biltong en melktert verlang nie, soos hierdie week se onderneming in die Kollig. Biltong & Bangers in die Verenigde Koninkryk.

Biltong & Bangers is ‘n UK-gebaseerde, familiebesigheid wat sedert 2008 bestaan. Dié familie is daaraan toegewy om goeie kwaliteit produkte en uitstaande kliëntediens aan hul kliënte te verskaf.

Hulle spesialiseer in alle biltong produkte en verskaf ‘n groot verskeidenheid verpakte tradisionele Suid-Afrikaanse kossoorte, asook, hoender “flatties”, t-bene, ribbetjies, kruisskyf en vark en lamsosaties.

Hulle spesialiseer dan ook in Suid-Afrikaanse alternatiewe vleis soos krokodil, koedoe, volstruis, springbok, impala, eland en buffel steaks en filette.

Besoek Biltong & Bangers se webblad hier.

Besoek Biltong & Bangers se profiel op die Wêreldgids hier.

Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest