Leesvordering:

Saai dien kommentaar in op VK-trofeejagverbod

Jan 24, 2020

Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, en wat dus wildboere insluit, het onlangs kommentaar ingedien op die VK-regering se konsultasie of die in- en uitvoer van jagtrofeë na en van die VK verbied moet word. Die oproep tot bewyse en konsultasie om menings en getuienis deur kenners in te win, is aangekondig deur Zac Goldsmith, minister vir internasionale omgewingsake. Die geleentheid vir kommentaar loop op 25 Januarie 2020 ten einde.

Oorbenutting en die onvanpaste bestuur van jagaktiwiteite word as die grootste redes tot kommer voorgehou, want volgens die VK se departement vir omgewingsake, voedsel en landelike sake (Defra) is hierdie die belangrikste aspekte wat tot die uitwissing van spesies en verlies aan biodiversiteit lei.

“Die wettige en volhoubare aanwending van die natuur, asook wettige handel in jagtrofeë het grootliks tot die herstel van kwynende spesiepopulasies bygedra. Dit het selfs diere soos die bontebok, die bastergemsbok en die swartwitpens van uitwissing gered,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

Die wildboerderybedryf dra nie net tot die beskerming van die natuur by nie, maar lewer ook ’n beduidende bydrae tot die ekonomie in die vorm van toerisme en die skep van werkgeleenthede.

“Ons is daarvan bewus dat Suid-Afrika in dié debat as ’n treffende voorbeeld voorgehou word om teenkanting vir trofeejag te werf. Die feite en navorsing wat teen ons wildboerderybedryf gebruik word, is swak en ons glo dat wildboere en hul verteenwoordigers die geleentheid gegun moet word om hul kant van die argument te lug voordat ’n besluit geneem word,” voeg Rossouw by.

Met inagneming van Defra se verklaring – dat beleidskeuses ten opsigte van trofeejag in die toekoms bespreek moet word – het Saai ’n vergadering met Defra versoek om ’n voorlegging te lewer oor die wildboerderybedryf in Suid-Afrika in samewerking met netwerkvennote van regoor die bedryf.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest