Leesvordering:

Kraal Uitgewers: Dis so reg in jou KRAAL

Feb 13, 2020

Staar jy dikwels met KRAAL-ogies na boeke? Voel jy soms soos die agteros wat net wag om in die KRAAL te kom? Dan is KRAAL UITGEWERS jou kuierplek!

Kraal Uitgewers is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en die tuiste van Afrikaanse niefiksie, Afrikanergeskiedenis én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het tydens die 100 jaar-herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999 ontstaan en aanvanklik gefokus op die publikasie van versamelaarsboeke oor dié oorlog.

Die uitgewer het intussen by die Solidariteit Beweging-kraal ingeskakel. Dit doen moeite om instellings in die Beweging te ondersteun met die uitgee van hoëgehaltepublikasies oor sake van belang vir die onderskeie organisasies; om ’n gebalanseerde weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis (in die besonder van Afrikanergeskiedenis) te bied; en om Afrikaans leesbaar, leefbaar en lieflik te maak met prettige, slim en unieke Afrikaanse produkte.

Geskiedenispublikasies sowel as boeke oor aktuele onderwerpe, soos plaasmoorde en regstellende aksie, vorm die kern van Kraal se eie publikasies. Die uitgewer bemark ook ’n wye reeks boeke én produkte namens ander kleiner uitgewers of selfpubliseerders. Bordspeletjies, kalenders, koffiebekers én T-hemde vorm reeds deel van die produkte wat deur Kraal Uitgewers en ander instellings of individue ontwikkel word. Dit alles dra by om ’n liefde vir Afrikaans te kweek en dit te laat floreer.

Komaan! Kuier saam op Kraal Uitgewers se Facebook-blad. Daaglikse geskiedenisbrokkies herinner vriende aan die groot, skokkende, triomfantlike, tragiese en legendariese gebeure in die Suid-Afrikaanse verlede, terwyl ons ook Afrikaans se woordskatte (her)ontdek, ou foto’s afstof en ander opwindende boekenuus deel. Word ’n vriend van Kraal Uitgewers en sorg dat jy nie die agteros in die KRAAL is nie! Sien jou daar. Kom gesels saam!

Besoek Kraal Uitgewers se aanlyn winkel en doen inkopies veilig, in Afrikaans en in ’n japtrap. Kom snuffel op ons boekrak by www.kraaluitgewers.co.za.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest