Leesvordering:

Pak die Groot Trek speel-speel aan

Feb 13, 2020

Pak die wa – ons gaan nou trek! Die Groot Trek-bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwars-roete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die moordlustige tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter.

Kom eerste by die eindbestemming aan en jou trek wen, maar dit sal nie maklik wees nie. Speelkaarte bied tientalle uitdagings – soos wanneer jy moet wag vir jou mielies om geoes te word; of wanneer jou wa herstelwerk benodig; en wees gewaarsku, as jy die gevreesde Drakensberge bereik, gaan dinge maar teen ’n slakkepas gaan. Herontdek die geskiedenis van die Groot Trek op hierdie prettige manier en leer meer oor die Gelofte, vind uit na wie plekke soos Potchefstroom vernoem is én leer ken die Voortrekkerleiers op hul voorname! Dié bordspeletjie is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R350. Klik hier vir meer inligting.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest