Leesvordering:

ANC misbruik COVID-19 om rasse-agenda teen KMMO’s te dryf

Mar 24, 2020

AfriForum veroordeel die regering se beleid om slegs finansiële verligting te verleen aan ondernemings in swart besit wat deur die COVID-19-pandemie geraak word. AfriForum het reeds gisteraand in ’n aanmaningsbrief aan die Departement van Kleinsake-ontwikkeling geëis dat ’n kriterium van die noodfinansieringspakket vir klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) tersyde gestel moet word. Dié kriterium bepaal dat slegs ondernemings in swart besit vir finansiële hulp kwalifiseer. Die noodfinansieringspakket is gisteraand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig tydens ’n mediakonferensie oor die regering se aksieplanne om die COVID-19-krisis te bestuur.

AfriForum beoog verder om die hof te nader vir ’n dringende hofbevel om hierdie kriterium ongrondwetlik te laat verklaar, sou die departement weier om gehoor te gee aan die burgerregteorganisasie se aanmaningsbrief.

In ’n dokument van die departement word sekere vereistes gelys waaraan ondernemings moet voldoen voordat hulle in aanmerking sal kom vir finansiële hulp van die regering se COVID-19-noodfonds. Een hiervan is dat ’n onderneming 51% in swart besit moet wees om te kwalifiseer.

Volgens Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, is die regering se poging om ’n pandemie te misbruik om diskriminasie teen minderhede te beloon rassisties en immoreel. “Die regering se volgehoue aanval op wit mense en ondernemings in die land in hierdie onsekere tye is onaanvaarbaar. Die president beklemtoon telkens in sy toesprake dat almal in die land moet saamstaan om die virus te beveg. Nou wil die ANC-regering die virus misbruik om teen wit mense te veg. AfriForum sal hierdie rassistiese beleid volstoom teenstaan.”

“Elke onderneming in die land kan onder die potensiële ekonomiese gevolge van die virus ly – dit is nie afhanklik van mense se ras nie. Deur hierdie kriterium daar te stel, misken die ANC wit ondernemings se bydrae tot die ekonomie, asook werkskepping in ’n land waar die werkloosheidskoers hemelhoog is en heel moontlik net gaan styg as gevolg van die virus. Hierdie is nie die tyd vir die ANC om sy rassistiese ideologieë te dryf deur verder teen wit ondernemings te diskrimineer nie,” sê Kriel.

AfriForum moedig alle KMMO’s wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, aan om die organisasie te kontak om namens hulle hierteen te veg. AfriForum raai ondernemings aan om op www.smmesa.gov.za te registreer. SMS ook jou onderneming se naam na 45113 (R1) sodat AfriForum jou onderneming se besonderhede het. AfriForum sal binnekort meer inligting oor hierdie veldtog op sy sosialemediaplatforms beskikbaar maak.

 

Vul hierdie vorm in om jou onderneming se besonderhede aan die organisasie te stuur.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest