Leesvordering:

Beweging hou ’n gesamentlike Helpmekaar-dag

Apr 7, 2020

Die Solidariteit Beweging, hou vandag 7 April 2020 ’n aanlyn Helpmekaar-dag. Die doel van die dag is om ’n reuse-helpmekaarpoging te loods deur die krag van die gemeenskap in te span om sodoende mense in maatskaplike nood te help, om besighede te ondersteun en om kinders te help sodat hulle steeds kan skoolgaan gedurende hierdie onsekere tye. Die dag sal ten bate van die Solidariteit Beweging se krisisfonds wees.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die Beweging daarop gegrond om ’n Helpmekaar-Beweging te wees en moet gemeenskappe nou midde-in die koronakrisis saamstaan.

“Dit is die begin van ʼn helpmekaarpoging. In die tye wat voorlê, gaan ons mekaar moet help en die Beweging sal al sy instellings inspan om dit te vermag,” het Buys gesê.

Volgens Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, is die maatskaplike nood wat weens die koronavirus ontstaan het reeds yslik en moet gemeenskappe nou saamstaan om die krisis die hoof te bied. Die organisasie word oorval deur versoeke en help reeds duisende kleuters, gesinne en oumense om daagliks kos en ander hulp te ontvang. Volgens Noëth het die organisasie net in Maart reeds R753 739 aan noodprojekte bestee, en daarom is die versterking van die krisisfonds noodsaaklik.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit is die krisis nog nie op sy kruin nie. Intussen het 53 000 leerlinge reeds op die Skoleondersteuningsentrum se Wolkskool geregistreer om aanlyn te kan voortgaan met hul onderrig. “Die staat gaan ons nie deur die krisis dra nie, ons gaan mekaar in hierdie tyd moet dra. Alhoewel ons almal onseker is moet ons juis daarom mekaar help. Dis tyd dat ons moet saamdra en saamwerk, want ons kan nie toelaat dat weerloses en kinders in hierdie tyd agtergelaat word nie,” het Hermann gesê.

Op dié Helpmekaar-dag gaan daar ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen word om klein- en mediumsakeondernemings te help. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, lê die beste hulp aan sakeondernemings in die koopkrag van verbruikers. Duisende sakeondernemings het reeds by AfriForum se sakenetwerk by afriforumnetwerk.co.za geregistreer. Ondernemings word aangemoedig om by die netwerk te registreer sodat mense aangemoedig kan word om by hulle te koop.

Ondersteuners kan hier, tot die krisisfonds bydra.
Sakeondernemings kan hier registreer vir die AfriForum-sakenetwerk.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest