Leesvordering:

Die wêreld se vreemdste wette

Mei 6, 2020

Die wêreld is vol vreemde reëls en snaakse gebruike. Van wette oor goudvisse en hoeveel jy mag weeg tot jou oefenprogram en of jy mag onderklere dra! Lande is vol vreemde strikke waarin jy jou kan vasloop. Hier is van die vreemdste wette waarvan jy moet bewus wees voor jy weer toer!

Engeland

In Engeland besit die koningin alle swane van die Cygnus olor-spesie. Sy is die enigste wat dié soort swaan mag laat doodmaak om dit te eet. Dié wet dateer terug na die Middeleeue toe swane as ’n lekkerny beskou is en dit slegs vir die adellikes bedien is. Enigiemand wat een van die swane eet, kan ’n boete van £5 000 of tot ses maande tronkstraf kry. Natuurlik het die wet deesdae meer te make met die beskerming van die swane wat ’n bedreigde spesie is.

In Engeland is dit ook wettig vir ‘n man om in die publiek te urineer, solank dit op die agterwiel van sy kar is en sy regterhand êrens op die motor steun!

Italië

In sekere dorpe in Italië is dit onwettig om te sterf. Dit is veral die geval in dorpe wat ontvolk en ouer gemeenskappe huisves. In sommige dorpe soos Sellia moet inwoners “voorkomende maatreëls” tref om te verhoed dat hulle sterf, byvoorbeeld jaarlikse doktersbesoeke. Indien dit nie nagekom word nie kan die betrokke persoon ’n boete opgelê word.

Switserland

In Switserland is dit onwettig om slegs een goudvis te besit. Dit word as “onmenslike isolasie” beskou om goudvisse alleen aan te hou.

Thailand

In Thailand is dit onwettig om die huis te verlaat sonder onderklere. Die wet is natuurlik baie moeilik om af te dwing sonder dat polisielede verskeie ander wette oortree in hulle pogings om verdagtes vas te trek!

Rusland

In Rusland is dit onwettig om in die stede Chelyabinsk en Moskou met ’n vuil motor rond te ry. Indien jy die wet oortree, kan jy ’n boete van 2 000 roebel (omtrent 30 euro) kry.

Singapoer

Singapoer is bekend vir sy moderne argitektuur en skoon openbare ruimtes. Een van die redes hiervoor is sekerlik ’n wet wat in 1992 ingestel is wat bepaal dat kougom en die kou van kougom onwettig is. Daar is wel een uitsondering: Mense wat kan bewys dat kougom terapeutiese waarde het, word toegelaat om dit te kou.

Skotland

Het jy al ooit gewonder of Skotse mans onderklere dra onder hulle tartan-rompe? Volgens ’n ou wet is die antwoord nee. Die wet bepaal dat Skotse mans wat dié wet oortree met twee biere beboet word. Klink nie na ‘n slegte boete nie!

Japan

In Japan is dit teen die wet om oorgewig te wees. Die wet is ingestel met die doel om hulle samelewing se gesondheid te verbeter. Dit gaan so ver dat die regering die maksimum-omtrek vir mans se middel op 85 cm vasgestel het en vir dames op 90 cm.

Bolivië

Is jy ’n enkellopende dame? In daardie geval mag jy in die stad van La Paz soveel alkoholiese drankies geniet as wat jy wil. As jy egter getroud is, bepaal die wet dat jy slegs een glas wyn mag drink omdat te veel drank vroue kan laat flankeer. Dié wet geld egter nie vir mans nie.

Burundi

As jy in Burundi ’n draai maak, laat vaar eerder jou oefenprogram – dit is onwettig om daar te gaan draf. Dié wetgewing is in Maart 2014 ingestel deur president Pierre Nkurunziza wat beweer dat draf net ’n truuk is van mense om verdagte aktiwiteite te bedek. Indien jy die wet oortree, kan jy tronkstraf in die gesig staar.

Wette is nie altyd logies nie, maar politici mag ook pret hê!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest