Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Outer Africa

Mei 13, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos kerrie en rys by ’n kerkbasaar. Van biltong en braai tot dokters en motorwerktuigkundiges – hier skep ons ’n netwerk van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings in die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Outer Africa in Duitsland.

Outer Africa is ‘n familie besigheid in Suid-Afrikaanse besit in Duitsland. Hulle bied ‘n wye versameling wildlewe fotografie, handgemaakte juwele, huis dekor en selfs heerlike Suid-Afrikaanse kos wat jy kan geniet nadat jy alles bewonder het wat ons het om te bied.

By Outer Africa sal jy Afrika – en in besonder, Suid-Afrika – herontdek. Hulle het ‘n groot verskeidenheid professionele wildlewe fotografie, ornamente, juwele en dekor items vir jou huis. Daar is ook tradisionele kos en handgeverfde items. Outer Africa se produkte word eties en volhoubaar verkry en ‘n gedeelte van hul wins word teruggeploeg in liefdadigheidsorganisasies in hul omgewing. Outer Africa poog ook om ander klein ondernemings te bemark en te ondersteun.

Besoek Outer Africa se webtuiste hier

Besoek Outer Africa se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest