Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Biltong Shack

Jul 15, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos biltong en droëwors by ‘n rugbywedstryd. Die Wêreldgids is soos ‘n padkaart vir Suid-Afrikaners in die buiteland wat lei na al hul gunsteling lekkernye, professionele dienste in Afrikaans en ook Afrikaanse kerkdienste. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit The Biltong Shack in die Verenigde Koninkryk.

As jy in Suid-Afrika groot geword het dan sal jy weet dat biltong ‘n prominente rol in ons lewens speel. Van tandesny tot by familie-etes, sportsgeleenthede en peuselhappies by kroeë, hierdie geliefde lekkerny is deel van ons. Toe die eienaar van The Biltong Shack na die VK verhuis het, het hy gesukkel om kwaliteit biltong te kry wat nie net lekker is nie maar ook genoeg vleis het en hy besluit toe om eerder self sy biltong te begin maak. The Biltong Shack is toe gebore!
The Biltong Shack gebruik net die beste Britse beesvleis wat gekombineer word met natuurlike bestanddele en dan gelugdroog word om ‘n peuselhappie te skep wat hoog in proteiene is, vry is van allergieë, laag in suiker en koolhidrate is. Hulle hoë kwaliteit biltong word deur die natuur voorsien en deur The Biltong Shack gegeur.
Besoek The Biltong Shack se webblad hier
Besoek The Biltong Shack se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming GRATIS hier
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest