Leesvordering:

AfriForum verwelkom regulasies wat kwarantyn ná repatriasie beëindig

Jul 18, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die regulasies wat pas in die Staatskoerant gepubliseer is. Dié regulasies bepaal dat mense wat uit die buiteland na Suid-Afrika terugkeer, mag self-isoleer. Dit beteken dat AfriForum se maandelange stryd teen verpligte kwarantyn in staatsfasiliteite uiteindelik vrugte afgewerp het.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se bestuurder van diasporaskakeling, laat die nuwe regulasies toe dat mense kan self-isoleer as hulle na die land terugkeer. Die vergunning is aan baie streng voorskrifte onderhewig, insluitend dat aansoek minstens 72 uur voor hulle terugreis gedoen moet word vir toestemming van die direkteur-generaal van Gesondheid om te mag self-isoleer, en dat bewys van ’n geskikte perseel, kontakbesonderhede tydens die isolasietydperk en reisplan van die voorafgaande 30 dae onder meer gelewer moet word.

De Wet het beklemtoon dat mense wat uit die buiteland terugkeer baie deeglik kennis moet neem van die voorwaardes vir self-isolasie wat in die regulasies vervat word en nie moet aanvaar dat toestemming vir self-isolasie gewaarborg is nie. “Dit is steeds aan die betrokke amptenare se diskresie onderhewig. As toestemming vir self-isolasie geweier word, moet die persoon steeds in ’n staatsfasiliteit bly, maar wel op staatskoste.”

Mense wat tans in kwarantyn in staatsfasiliteite is, of oor minder as 72 uur met hulle terugreis na Suid-Afrika gaan begin, moet volgens De Wet ook geduld betoon terwyl die regulasies en die ontslag van die huidige ingeperktes na behore met al die fasiliteite gekommunikeer en afgehandel word.

“Die fasiliteite en mense se ervaring van verpligte kwarantyn was baie uiteenlopend. Soms het fasiliteite glad nie aan die vereistes voldoen nie en soms het persoonlike omstandighede dit vir mense moeilik gemaak om so lank in ’n vreemde omgewing ingeperk te wees. AfriForum verwelkom daarom die departement se aanpassing van die regulasies en is des te meer bly dat ons die saak ook in die hof teengestaan het,” voeg De Wet by.

“Hierdie aanpassings is ’n oorwinning vir die gerepatrieerdes se regte, maar laat hulle ook met die groot verantwoordelikheid om verantwoordelik op te tree. AfriForum doen ’n beroep op almal om streng by die nuwe regulasies te hou en sodoende te sorg dat niemand se veiligheid nou in die gedrang kom omdat self-isolasie toegelaat word nie.”

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest