Leesvordering:

Splinternuwe oudioteek vir leesgieriges

Sep 2, 2020

BiB, ’n splinternuwe oudioteek, maak eersdaags haar deur oop. LAPA is baie trots om ons boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte. Besoek BiB by https://www.mybib.africa/

Afrika het ’n ryk mondelinge tradisie en twee besondere entrepreneurs meng nou ons literêre skatte met nuwe tegnologie om dié ou tradisie te laat herleef.

Wat meer is hulle kureer die inhoud deur geselekteerde tekste te laat voorlees, of voordra, deur van ons land se beste stemkunstenaars. Só word die publiek se vraag na oudioboeke gedien, en ons land se beste akteurs verdien ’n inkomste gedurende inperking.

LAPA se boeke skitter onder die eerste klompie romans wat beskikbaar gestel word:

  • Asem, Jan Vermeulen (Stem: Armand Aucamp)
  • Bloedlelie, Jeanette Ferreira (Stem: Veronica Geldenhuys)
  • Blou sjokolade, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Dieretuin, Francois Bloemhof (Stem: Wynand Kotzé)
  • Corali, Chanette Paul (Stem: Roeline Daneel)
  • Kanaän, Sophia Kapp (Stem: Ira Blanckenberg)
  • Koshuiskoffie, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Tolbos, Irma Joubert (Stem: Carla Smith)
  • Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, Sophia Kapp (Stem: Nicole Holm,)
  • Ver wink die suiderkruis, Irma Joubert (Stem: Andrea Winckler)

Meer van ons tekste sal binnekort beskikbaar wees.

Bib.Africa plaas ook teaterstukke in die kuberruim. Hierdie tekste is reeds te beskikbaar:

  • Dis Koue Kos, Skat, Marita van der Vyver (Stem: Elzabé Zietsman)
  • Psalter, Wessel Pretorius (Stem: Len-Barry Simons)
  • Sê my Naam soos ‘n Starbucks Knaap, Wessel Pretorius (Stem: Llandi Beeslaer)
  • Seisonaal, Mienke Ehlers (Stem: Mienke Ehlers)

Hoewel die grootste gros boeke Afrikaans is, word daar ook na ander tale gekyk. Twee Engelse tekste is reeds deel van die biblioteek:

  • In Math We Trust, Simon Dingle (Stem: Simon Dingle)
  • The Rain Runner, Carl Richardson (Stem: Malcolm Gooding)

Die stigters van BiB is Arlene Mulder en Juanita Kotzé.

Mulder was vir sewe jaar in die bankwese by RMB, sy is sedertdien ’n digitale entrepreneur en het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation Award gewen.

Kotzé is reeds dertig jaar lank die hoof van The Rare Library: ’n multi-disiplinêre, konseptuele, skeppende kunsfabriek.

Volgens Deloitte kan die globale oudiomark in 2020 groei 25% tot ’n waarde van US$3,5 biljoen.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest