Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Kokkedarling Pty Ltd

Okt 7, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek! Ons gids bevat die besonderhede van ons mense se ondernemings in die buiteland. Daar is restaurante waar jy ’n warm bord boerekos kan eet, winkels waar jy jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte kan koop, professionele dienste in Afrikaans en selfs Afrikaanse kerkdienste! Elke week kies ons by Wêreldwyd een onderneming uit die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Kokkedarling Pty Ltd, ’n aanlyn platform waar kinders stap vir stap saam met resepvideo’s kan kook.

Ons weet dit is nie altyd maklik om kinders te oorreed om gesond te eet nie, daarom glo ons in ’n holistiese benadering. Met ons resepvideo’s leer Kokkedarling en haar junior sjef jong kinders om self met gesonde resepte te eksperimenteer. Elke resep is sakpas, geurig en maklik om te maak. Ons verduidelik stap vir stap hoe om ’n resep te gebruik om die heerlikste geregte op te tower. Tussendeur leer die jong sjefs ook nuwe kookkunstruuks. So bou ons hulle selfvertroue stelselmatig.

Besoek gerus ons webtuiste waar daar binnekort ook kunsprojekte vir kleiner kinders en oefenvideo’s vir kinders beskikbaar sal wees.

 

Besoek Kokkedarling se webtuiste hier.

Besoek Kokkedarling se profiel op die Wêreldgids hier.

Word deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid en lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest