Leesvordering:

Nuut op Kraal Uitgewers se boekrak: Briewe van die tandemuis

Okt 14, 2020

Haasbekkies word genooi om saam met Kardoemsie, die tandemuis, op ’n verbeeldingsvlug te gaan in Kraal Uitgewers se eerste kinderboek Briewe van die tandemuis (deur Michelle van der Merwe, met illustrasies deur Carina van Zyl). Briewe van die tandemuis is deel van die uitgewer se nuwe Kraal Kleinspan-reeks. Dié reeks boeke word deur plaaslike skrywers en illustreerders saamgestel om ’n eg Suid-Afrikaanse én Afrikaanse produk aan jong lesers te bied.

Met elke tandjie wat die sesjarige Anneke vir Kardoemsie los, ontvang sy ’n briefie oor al sy avonture. Sy vind uit van Kardoemsie se aanstelling as die amptelike tandemuis, leer ken die lagwekkende oomblikke wat Kardoemsie met sy vrou en 23 kinders deel en kry selfs raad oor hoe om haar tandjies pêrelblink te borsel. Ontmoet die skattige én slinkse karakters wat rondskarrel op Anneke-hulle se werf en wandel saam met Lisa die hond, Generaal Streepstert, Kaptein Pokkels en al die ander karakters in ’n wonderwêreld waar fantasie nog saam met Koning Kaspersie kan koning kraai. Die boekie bestaan uit tien prettige stories, elk met kleurvolle waterverfillustrasies en is hier in Kraal se e-winkel beskikbaar teen slegs R180. Klik hier vir meer inligting oor die boek én oor hoe om vir die Haasbekkie-fotokompetisie in te skryf.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest