Leesvordering:

Dapper Media: Sint Helena-dokumentêr

Okt 27, 2020

Dapper Media het op 11 Oktober 2020 ’n nuwe dokumentêr oor die Boerekrygsgevangenes van Sint Helena bekendgestel.

Hierdie dokumentêr is ’n 20 minute avontuur saam met die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Adam Tas, AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel en Meyer le Roux, mede-eienaar van die Buffelsfontein-groep. Dit handel oor die geskiedenis van die mooi eiland, Sint Helena, en die rol wat dit in die Anglo-Boereoorlog gespeel het.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, wat van 1899 tot 1902 geduur het, het die Engelse sowat 27 000 krygsgevangenes geneem. Baie van hierdie gevangenes is in kampe in Suid-Afrika aangehou, maar daar was egter ook kampe in plekke soos Bermuda, Silon, die hedendaagse Sri-Lanka, en dan ook Sint Helena.

Die Transvaal en Vrystaat het geen bestaande weermag gehad soos Brittanje nie en dit het veroorsaak dat burgerlikes opgeroep was om die grondgebied te verdedig. Hierdie burgerlikes was enige man wat kon veg. Daar was selfs soldate so jonk as 8 jaar en so oud as 80 jaar wat gevange geneem en weggevoer is na hierdie kampe.

Sint Helena was dié perfekte tronk-eiland aangesien dit baie afgeleë was en ontsnapping bykans onmoontlik gemaak het.

Hierdie dokumentêr bied ’n bietjie insig oor die omstandighede en die krygsgevangenes wat hul lewe gegee het vir hul land.

Dit is definitief ’n stukkie geskiedenis wat jy nie wil mis nie en wat jou oë sal oopmaak en jou hart sal trots maak op ons land en ons mense!

Kyk die dokumentêr gratis op www.dappermedia.co.za en volg ons op Facebook vir nog nuus, dokumentêre en gehalte-inhoud!

Besoek Dapper Media se Facebook-blad. 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest