Leesvordering:

Hartseer oor ons taal

Okt 29, 2020

Ek geniet Wêreldwyd se nuusbrief. Dis net tragies dat so baie van ons Suid-Afrikaners ons tuiste in die buiteland moes maak weens omstandighede.

Ons is woon nou al meer as 28 jaar in Nieu-Seeland. Ek was ’n paar keer terug om familie en vriende in Suid-Afrika te besoek. Verlede jaar was ek vir twee maande in Suid-Afrika – die eerste keer in bykans ses jaar. My grootste skok was dat Afrikaans nie meer Afrikaans is nie. Suid-Afrikaners is nie meer trots op hul taal nie en ek sal nie verbaas wees as ons pragtige taal binnekort heeltemal verdwyn nie. In die buiteland praat ons nog ʼn suiwerder Afrikaans. Ons weet wat dit beteken om ons land en taal te “verloor”.

Afrikaans kan met geen ander taal vergelyk word nie. Dis die mooiste taal en dit laat ons lag, want ons uitdrukkings is so beskrywend en snaaks. Ek het na my familie en vriende sit en luister. Alles is amazing, beautiful, great, en so gaan dit aan.

Ek is met ’n seer hart weg en bly om terug te wees in Nieu-Seeland waar ek “suiwer” Afrikaans kan praat. Ons dink voor ons ’n Engelse woord gebruik.

Dis maar my stuiwer in die armbeurs.

Groete uit Nieu-Seeland
Hester

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest