Leesvordering:

E-pos uit Spanje

Nov 10, 2020

Ek is Mynhardt Potgieter en ek skryf vanuit Asturias-provinsie in die noorde van Spanje. Ek woon sedert Februarie 2019 hier in Spanje, ná 21 jaar in die suidooste van Londen in die Verenigde Koninkryk.

Die trekpleister was en is steeds die Camino-roete na Santiago de Compostela. My eerste kennismaking daarmee was toe ek as 16-jarige daarvan gelees en toe al besluit het dit is iets wat ek eendag wil doen …

Vier-en-twintig jaar later, ná ’n rugbesering en erge depressie, besluit ek toe om die Franse Camino te gaan stap. Ek en twee vriende, Albert, ‘n mede-Suid Afrikaner en Seán, ’n baie goeie Ierse vriend, stap toe einde Mei 2012 uit Saint-Jean-Pied-de-Port. Die res is geskiedenis! Ek het ’n klomp kilo’s ligter en genees van die ergste depressie in 2013 met my terugkeer na Spanje, my pelgrimstog voltooi ná ’n effe wankelrige begin in 2012. Spanje en sy mense het pens en pootjies in my hart kom klim. Ek het drome begin droom van ’n herberg op die Franse Camino-roete en die soektog het begin.

Seán, my goeie vriend en besigheidsvennoot, het self ook die roepstem van die pelgrimsroete gehoor en ons het saam begin soek na die ideale projek. Ons het baie na aan die koop van drie onderskeie eiendomme gekom, maar die tyd was nie reg nie – tot ons in 2018 besluit het om die droom op ys te plaas.

In Augustus 2018 besluit ek toe om vir ’n laaste maal op die internet rond te loer en vind sowaar ‘n baie belowende eiendom! Die storie is langer as wat ek tyd het om hier te skryf, maar dit sluit in dat ek nie die eiendom gesien het voordat ek sak en pak hierheen getrek het met ’n kat, ‘n Skoda Yeti vol plante en twee dae se langdag ry deur Frankryk en talle ander stories nie. Maar ons is hier en ons is baie gelukkig.

Die besigheid word nou stadig maar seker ontwikkel, met COVID-19 en al, en ons hoop om iewers voor Kersfees dalk die restaurant se deure oop te maak. Daar gaan beslis Suid-Afrikaanse disse op die spyskaart wees en die bure is reeds versot op bobotie, soetpatats, boereboontjies, gebakte aartappels en Peppermint Crisp-yskastert. Intussen bedryf ons drie selfsorg-woonsteleenhede en beplan ’n luukse gastehuis waaraan ons DV in Februarie 2021 sal begin bou.

Dit sal interessant wees om inligting te bekom oor ander Suid-Afrikaanse besighede in Spanje of Portugal. Dit is maar alleen hier en dit sal gaaf wees om met ander Saffas kontak te maak.

Vriendelike groete vanuit San Julián, Asturias in die noordweste van Spanje.

Mynhardt Potgieter

Web: www.sanjulianrurales.com
E-pos: info@sanjulianrurales.com

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest