Leesvordering:

AfriForum publiseer verslag oor die omvang en wreedheid van die Suid-Afrikaanse verkragtingkrisis

Des 7, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende verslag, Serial Rape in South Africa, oor die verkragtingkrisis in Suid-Afrika gepubliseer, wat saamgestel is deur nuusberigte, beskikbare data, navorsing deur verskeie instellings, hofsake en ander bronne te raadpleeg. Die verslag identifiseer die neigings, die vernaamste motiewe en oortuigings agter die hoë syfers; asook ’n lys van die bedrywigste reeksverkragters in die land se geskiedenis. Voorts bepreek die verslag hoe die Suid-Afrikaanse regstelsel die probleem hanteer, en spesifiek die mate waartoe die regstelsel misluk.

AfriForum het die verslag gepubliseer ter ondersteuning van die internasionale veldtog vir 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld. Die veldtog, wat geweld teen vroue en meisies teenstaan, vind jaarliks van 25 November tot 10 Desember plaas.

Volgens die nuutste jaarlikse misdaadsyfers wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gepubliseer is, word daar gemiddeld 116 verkragtings per dag by die polisie aangemeld. AfriForum se verslag spruit voort uit die voortslepende verkragtingkrisis in Suid-Afrika en die regering en regstelsel se aanhoudende onvermoë om die probleem aan te spreek.

Volgens Monique Taute, AfriForum se hoof van Veldtogte, misluk die Suid-Afrikaanse regering daarin om misdaad te bekamp, veral gewelddadige misdade soos verkragtings. “Die regering versuim om ’n voldoende kriminele regstelsel daar te stel en daar is geen dringendheid om drastiese maatreëls in te stel om misdaad te probeer aanspreek nie. Dit het tot gevolg dat die land van die hoogste voorkoms van gewelddadige misdaad in die wêreld het, veral as dit by verkragting kom. Dit is duidelik dat al die stappe wat die regering reeds probeer doen het om die probleem aan te spreek, slegs reaktief is. Hoewel hierdie stappe dalk beter reaksie op die probleem tot gevolg kan hê, gaan dit nie bydra om die vlakke van geweld wat teen vroue gepleeg word, te verminder nie.”

“Daar is oor die laaste twee dekades tydens verskeie geleenthede na Suid-Afrika as die “verkragtingsbrandpunt van die wêreld” verwys, wat bevestig dat verkragting ’n reusekrisis in die land is en dat hierdie krisis lankal reeds bestaan. ’n Mens kan dus met redelike sekerheid aanneem dat die Suid-Afrikaanse regering eenvoudig nie weet hoe om die probleem van verkragting en seksuele aanranding te beveg nie. AfriForum se verslag poog om die regering en die regstelsel se mislukkings te beklemtoon waar hierdie kwessie ter sprake is,” sê Barend Uys, AfriForum se hoof van Navorsing.

Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, sê burgers moet voorsorg tref en maatreëls in plek kry om dit so moeilik as moontlik vir misdadigers te maak om hul huise te betree. “Verder moet mense ook seker maak dat hulle maklik ’n noodoproep na hul buurtwag en/of sekuriteitsmaatskappy kan stuur as hulle dringend hulp nodig het. Laastens moet enigiemand wat moontlik ’n slagoffer kan word, weet hoe om hulleself te verdedig en nie huiwer om dit te doen nie.”

Klik hier om die verslag te sien.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest