Leesvordering:

’n Unieke Kersfeesnagereg – Amarula-malvapoeding

Des 13, 2021

Foto: Michelle Minnaar

Probeer gerus die volgende resep vir ’n unieke Kersfeesnagereg.

Amarula-malvapoeding
Lewer 8 klein poedings of 1 groot poeding

Bestanddele:

  • 1 koppie (250 ml) koekmeel
  • 1 teelepel (5 ml) koeksoda
  • ’n knypie sout
  • 1 eier
  • 1 koppie (250 ml) strooisuiker
  • 1 eetlepel (15 ml) appelkooskonfyt
  • 2 teelepels (10 ml) lemoenskil
  • 1 eetlepel (15 ml) gesmelte botter
  • 1 teelepel (5 ml) suurlemoensap of asyn
  • 1 koppie (250 ml) melk
  • Vla vir opdien

Sous:

  • ½ blikkie kondensmelk
  • ½ koppie (125 ml) melk
  • ½ koppie (125 ml) room
  • ¼ koppie (60 ml) Amarula-likeur
  • ’n knypie neutmuskaat

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180°C en smeer opdienbak of individuele bekers met botter.
  • Sif die meel, koeksoda en sout saam in ’n mengbak.
  • Room die eier en strooisuiker saam in ’n aparte bak.
  • Voeg die konfyt, lemoenskil, botter en asyn (of suurlemoensap) by en meng goed.
  • Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed.
  • Gooi in opdienbak of individuele bekers en bedek met foelie.
  • Bak vir 20 minute indien individuele porsies of 30 minute indien enkel porsie tot goudbruin en gaar.
  • Vir die sous: Smelt al die bestanddele saam in ’n pot en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Prik die poeding met ’n vurk sodat dit die sous makliker absorbeer.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Harry Potter en die Towenaar se Steen Harry Potter 1 (2024 ed)

Harry Potter en die Towenaar se Steen Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die brieweop die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en...

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest