Leesvordering:

Kersfees in die buiteland saam met ons Wêreldwyd-vriende

Des 13, 2021

Nieu-Seeland, Australië, Amerika, Brittanje en selfs Swede – Suid-Afrikaners is reg oor die wêreld versprei. Met die COVID-19-pandemie is dit moeiliker as gewoonlik om die feesseisoen saam met familie en vriende deur te bring. Ons het op Facebook ons Saffa-vriende gevra hoe vier hulle Kersfees in die buiteland, en hier is wat hulle gesê het:

Kersfees in Swede
Kersfees in Swede is “Jul”. Dit word op 24 Desember gevier, op Oukersdag. Die sneeu lê meestal dik teen hierdie tyd. Elke venster het ’n ster of ’n kandelaar wat brand. Kersete bestaan uit ’n boud ham, rou salm (“gravad lax”) met sterk mosterd, verskillende ingelegde harings, gekookte eiers met kaviaar, “Janssons frestelse” (’n gereg met aartappels, uie, kaas en ansjovis wat gebak is), ribbetjies, ’n tipe soet bruin brood met rosyne in, ’n klein Hollandse ronde kaas, frikkadelle en klein prinsworsies met soet mosterd.


Nagereg is gewoonlik saffraanspannekoek met rosyne in, aarbeikonfyt en room. Mens drink gewoonlik ’n paar spesiale biere saam met die ete. Rooiwyn werk ook. Ná Kersete sit almal en kyk ou kinderprente soos Donald Duck.
’n Ander Suid-Afrikaner in Swede skryf: “Die sneeu het reeds begin val. Oral is feestelike Kersmarkte met liggies en warm sjokolade, speserykoekies en “glogg”. Maar ons gaan beslis ’n lamsboud met gebraaide aartappels en pampoenpoffers eet. Dit smaak soos huis!”

Kersfees in Nieu-Seeland
Ons het Somerkersfees hier op die Suideiland van Nieu-Seeland. Ons geniet ’n varkboud op die Weber, bring-’n-slaai, pavlova en koekstruif vir poeding. Almal is altyd welkom om te kom kuier, en as die dag mooi is, sal ons in die meer gaan swem en bietjie bootry.
Nog ’n Suid-Afrikaner in Nieu-Seeland skryf: ”Hier in Nieu-Seeland vier ons dit by die see op ’n lekker warm somersdag, nes die ou dae op Margate .”

Kersfees in Skotland
Winter in Skotland, met ’n skaapboud, kalkoen en varkboud, pampoenkoekies en die tradisionele koekstruif waarmee ek grootgeword het. Lekker warm pons vergoed darem vir die koue. Dis ongelukkig ’n alleentyd sonder enige familie, dié tyd van die jaar verlang ons baie.

Kersfees in Australië
Dit is ’n lekker warm (35–45 grade) Kerstyd hier in Australië in die buitewyke van die “Outback”. Baie soos Kakamas waar ons oorspronklik vandaan kom. Boudvleis, gevulde eiers en al die tradisionele lekkernye is altyd teenwoordig. Vanjaar sal al die kinders en skoonkinders by die huis wees, en ook baie van ons eks-Suid-Afrikaanse vriende, wat nou ook al familie is. Ons het hierdie land ons tuiste gemaak en Kersfees word gevier soos net Suid-Afrikaners kan!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest