Leesvordering:

AfriForum dien kommentaar in oor onteieningswetsontwerp

Feb 9, 2021

AfriForum het geskrewe kommentaar ingedien aan die portfoliokomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur, teen die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. AfriForum is gekant teen die aanvaarding van hierdie wetsontwerp, aangesien die deurvoer daarvan ’n vernietigende uitwerking sal hê op die lewens van alle Suid-Afrikaners ten opsigte van huiseienaarskap, voedselsekuriteit en ekonomiese stabiliteit. Verskeie dele van die wetsontwerp is ook ongrondwetlik. Die wetsontwerp se “Onteien nou, argumenteer later”-benadering kom daarop neer dat die regering die mag sal hê om eiendom te konfiskeer sonder oorsig van die regsbank.

“Wetgewers sit tans met hul vingers op ’n rooi sneller wat die ekonomie sal vernietig, burgers genadeloos van hul eiendom sal ontneem sonder oorsig van die regsbank, en die banksektor sal destabiliseer. Die wetsontwerp is nie net beperk tot plase nie. Dit is van toepassing op alle soorte eiendom. Enige bewering dat die doel van die wetsontwerp is om die “onregte van die verlede” reg te stel, moet verwerp word as suiwer propaganda. Die doel van hierdie wetsontwerp is om die regering onbeperkte mag te gee om iemand se eiendom te konfiskeer, so eenvoudig soos dit,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie.

AfriForum gaan voort met sy langdurige stryd teen onteiening sonder vergoeding en moedig sy lede aan om die organisasie te ondersteun in sy stryd deur kommentaar teen die onteieningswetsontwerp in te dien. AfriForum het ’n platform geskep om die indiening van kommentaar te vergemaklik. Voltooi die vorm op die webblad om jou kommentaar direk aan die parlement te stuur: https://www.onteiening.co.za/stop-onteiening-sonder-vergoeding/

Lees AfriForum se kommentaar aan die parlement hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest