Leesvordering:

’n Mobiel-vriendelike webtuiste is belangrik vir jou onderneming

Mar 15, 2021

Indien jou aanlyn onderneming nie mobiel-vriendelik is nie, kan jou verkope daaronder lei. Slimfone het die nommer een manier geword waarop die meerderheid potensiële kopers soektogte doen op die internet. Navorsing toon dat sowat 51.89% van globale websoektogte op slimfone gedoen word. Indien jou webtuiste nie mobiel-vriendelik is nie demotiveer dit jou kopersmark om jou webtuiste te gebruik. In die moeilike ekonomiese klimaat kan geen onderneming “nee” sê vir enige verandering wat moontlik hul verkope ’n hupstoot kan gee nie. Hier is ’n paar redes waarom jy vandag nog moet seker maak dat jou webtuiste mobiel-vriendelik is:

1) Millenniërs is mobiel

Millenniërs is die grootste demografiese groep in die geskiedenis en word van kleins af reeds aan digitale media blootgestel. Omdat die groep so ’n groot kopersmark verteenwoordig, is dit belangrik om seker te maak dat jy hul aandag trek. Nog ’n kernkenmerk van Millenniërs is dat hul onmiddellik hul behoeftes wil bevredig. Indien hul dus nie sou regkom om met hul slimfone op jou aanlyn winkel te koop nie, kan jy heelwat potensiële transaksies verloor.

2) Optimalisering van Google

Google se soek-algoritmes is so opgestel dat dit voorkeur gee aan webtuistes wat ook mobiel-vriendelik is wanneer jy op jou slimfoon ’n soektog doen. Die algoritme is opgestel dat dit jou posisie op ’n soektog beïnvloed as jou webtuiste nie ook mobiel-vriendelik is nie. ’n Laer indeksering op Google se resultate kan beteken dat jy potensiële kliënte verloor wat ’n vinnige soektog op hul slimfone doen.

3) Mobiel-vriendelik verhoog grootmaatverkope

Selfs al verkoop jou onderneming nie aan die eindverbruiker nie is dit steeds baie belangrik dat jou webtuiste mobiel-vriendelik is. Baie ondernemingeienaars sal eers ’n vinnige soektog op hul slimfone doen voordat hul indringende navorsing op hul rekenaars doen. Indien jou webtuiste mobiel-vriendelik is, is dit soveel makliker om jou onderneming te vind. In die moderne wêreld waar mense ook mobiel werk, is dit noodsaaklik dat jou webtuiste goed op ’n slimfoon of tablet vertoon.

Onseker of jou webtuiste mobiel-vriendelik is?

As jou webtuiste in die laaste paar jaar gebou of bygewerk is, is die kans goed dat jou webtuiste mobiel-vriendelik sal wees. Voor jy kapitaal spandeer om jou webtuiste meer mobiel-vriendelik te maak, kan jy egter toets hoe jou webtuiste vaar. Google het ’n gratis hulpmiddel om dit te toets. Besoek bloot https://search.google.com/test/mobile-friendly en tik jou webadres in die soekboksie. Die resultate wys of jou webtuiste mobiel-vriendelik is of nie en gee vir jou voorbeelde van hoe jou webtuiste op ’n slimfoon sal verskyn asook voorstelle oor hoe om die mobiele ervaring beter te maak vir jou webgebruikers.

Hierdie artikel het oorspronklik op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste verskyn.

AfriForum Sakenetwerk is ’n inisiatief van AfriForum waar verbruikers sakeondernemings in Suid-Afrika op ’n webplatform kan opspoor.

AfriForum Sakenetwerk is tot diens van kliënte, asook klein én groot sakeondernemings reg oor Suid-Afrika.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest