Leesvordering:

Uit en Tuis: Wilmari Kleynhans

Mar 23, 2021

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Wilmari Kleynhans wat in Londen woon.

Van waar in Suid-Afrika is jy en waarom het jy besluit om oorsee te gaan woon?

Ek is van die Kaap en het 17 jaar gelede besluit om oorsee te gaan vir avontuur en om te reis. Ek het eers in Taipei, Taiwan skoolgehou en daarna na die Verenigde Koninkryk gekom.

Wat was vir jou die vreemdste om aan gewoond te raak?

Vir my was dit moeilik om gewoond te raak aan die afstand van my familie af. En die Britte se manier van doen was ook vreemd. Ek is baie oop en vriendelik en dit was moeilik vir my om gewoond te raak aan die strak stadsmense wat reg deur jou kyk!

Was dit maklik om nuwe vriende te maak en in te skakel in die gemeenskap?

Dit was baie maklik om in te skakel omdat ons mos van kleins af in Suid-Afrika Engels praat. Mense by die werk (ek is in die onderwys) was baie verwelkomend en die bure was ook baie vriendelik.

Wat verskil die meeste van jou lewe in Suid-Afrika?

Hier is baie minder buiteluglewe – behalwe in die somer; dan kan ons dieselfde soort goed doen. Dan braai ons baie graag!

Wat doen julle vir ontspanning?

Ons stap ver in die omliggende woude met ons hond Chilli en ons kinders. Ons is steeds ingeperk, maar voor COVID het ons gereeld gaan fliek, rolbal gespeel en by ’n kuierplek uitgeëet.

Enige lesse wat julle geleer het?

Hoe meer ’n mens uitreik na ander, hoe meer reik hulle uit na jou!

Oorlewingslysie vir die Londense winter:

  • Fliekaande
  • Lekker potjiekos in die prutpot (slow cooker)
  • Kuiers met vriende om die pizza-oond
  • Goeie boeke om te lees
  • Lang Zoom-oproepe met die familie!

“Die lewe is wat jy daarvan maak waar ook al jy in die wêreld bly. Dit is die liefde vir kosmaak en kuier wat ons ekspats by mekaar uitbring. Ons het jare gelede baie Suid-Afrikaanse ekspat-vriende gemaak deur die SA Gemeente Londen, vriende wat soos familie word.”

Woon jy in die buiteland of het jy onlangs na Suid-Afrika teruggekeer? Ons wil van jou hoor. Stuur gerus ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za

Lees ook Uit en Tuis saam met René du Preez in Nieu-Seeland.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest