Leesvordering:

“Dis nooit te laat om te begin nie!”

Apr 12, 2021

Dit is die woorde van dr. Sydnise Fourie-Nel, wat ondanks moeilike omstandighede haar MBBCh-graadstudies kon aanpak en vandag as mediese dokter praktiseer.

“Omstandighede was moeilik vir baie jare en my ouers het nie vaste werk of pensioen gehad nie en ek’t nog sussies wat deur skool moet gaan. Ek’t verantwoordelik gevoel om iets op te bou wat kan staan om ons almal te help in die toekoms en om ‘n voorbeeld te stel vir my sussies van wat moontlik is saam met die Here en met deursettingsvermoë” het dr. Fourie gesê.

Dr. Fourie het in 2016 by Wits se mediese skool geregistreer met die trougeskenkgelde wat sy en haar man ontvang het, met geen waarborg dat sy hierdie graad suksesvol sou kon voltooi, sonder om vasgeketting te wees aan slegte krediet nie. Sy het egter te hore gekom van die Helpende Hand Studietrust (HHST) waarvan ‘n rentevrye studielening as haar reddingsboei gedien het.

“Ek’t eers 4 jaar na matriek begin met mediese studies, en dit was ‘n rowwe pad tot daar – en toe ‘n rowwe pad daar deur! Eers op ouderdom 27 het ek gekwalifiseer; en nou kan ek vir my man die kans gee om ook te studeer (hy’t begin op ouderdom 27!). Dit is nooit te laat om te begin nie. Die pad sal heel waarskynlik moeiliker wees as vir ander, dalk langer vat as vir ander, maar dit is die moeite werd; dit sal karakter bou wat jou ‘n leeftyd sal hou as jy dit sal toelaat.” Het dr. Sydnise Fourie gesê.

Haar pad met die HHST het egter nie tot ‘n einde gekom nadat sy haar graad verwerf het nie. Vandag ploeg dr. Fourie terug in die gemeenskap, maak sy haar man se tersiêre studie moontlik,  en dra sy  ook ruimhartig by tot die SFS om ook ander studente ‘n geleentheid te gee om te kan studeer.

Volgens May-li Swanepoel, Fondsbestuurder-intern van die HHST is die oplossing tot die hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies in Suid-Afrika om gehalte moedertaal-onderrig en opleiding meer toeganklik te maak vir almal.

Die advies wat dr. Fourie aan ander studente gee, lui as volg: “Wees getrou met wat jy het en volhard in dit wat jy wel kan doen. “Werk soos vir die Here” en vertrou die Here dat die harde werk en die goeie, getroue ‘saad wat jy saai’ op skool, in jou werksplek, selfs in verhoudings en in die lewe, sal ‘n goeie oes bring en dat Hy jou pad sal lei – Hy sál as jy Hom vra, vertrou en volg. Wees geduldig vir die belofte wat Hy in jou hart plaas.”

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum administreer tans 220 studiefondse ter waarde van R238 miljoen waarmee ons reeds meer as 6300 behoeftige studente se studies, oor die laaste 11 jaar moontlik gemaak het.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest