Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Verenigde Koninkryk

Apr 14, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas, is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir mense wat met ander wil sake doen nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak en almal net te ver is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op sakeondernemings in Verenigde Koningkryk wat jy kan ondersteun.

  1. Van Velze & Smith

By Van Velze & Smith kom luukse vakmanskap en alledaagse praktiese aktiwiteite bymekaar. Ons stewels word met die hand gemaak van die beste gehalte materiaal. Dit verseker dat jy sal aandag trek, of jy nou ’n vergadering in die stad bywoon of by ’n familiebraai aan jou gin and tonic teug. Lees nog meer.

  1. Rachael’s Health & Beauty

Ons klein, vriendelike salon bied ’n verskeidenheid skoonheidsbehandelings soos manikure en was en tint, asook holistiese behandelings. Lees nog meer.

  1. Bliss by Design

Bliss by Design is ’n kreatiewe agentskap wat deur betrokkenheid geïnspireer word. Ons bring handelsmerke en kommunikasie byeen met digitale bemarking en web- en grafiese ontwerp. Ons probeer ondernemings help om hul kliëntebasis met hul bemarkingskanale te vergroot, hetsy met webtuistes, sosiale media, aanlyn bemarking, gedrukte advertensies of ander digitale alternatiewe. Lees nog meer.

  1. Simply Bee UK

Simply Bee is ’n reeks 100% natuurlike velsorgprodukte wat gemaak word van byewas uit die Wes-Kaapse fynbosstreek. Lees nog meer.

  1. Bristol Biltong

Ons spesialiseer die afgelope 18 jaar in topgehalte biltong, droëwors en boerewors. Lees nog meer.

 

  • Photo: Thomas Kelley (Unsplash)
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest