Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Maid in heaven

Apr 28, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Maid in heaven.

Maid in heaven bied skoonmaakdienste en spesialiseer in oonde, braais en mikrogolfoonde.

Die Maid in heaven-produkreeks word aan die Hibiskuskus met die hand vervaardig van slegs die beste natuurlike produkte. Al ons produkte word slegs met sterk, suiwer, essensiële olies gegeur. Dit bevat geen chemikalieë, sintetiese middels of kunsmatige geure nie, net basiese bestanddele van uitstekende gehalte soos koeksoda, Spaanse seep en klapperolie.

Hierdie gebruiksgereed produkte lyk, ruik en voel dalk nie soos die supermark s’n nie, maar dit is baie beter vir die omgewing en vir ons gesondheid.

Met my webtuiste wil ek idees deel en verbruikers opvoed oor hoe om nare chemikalieë uit die huis te verwyder en staatmakertoestelle in die kombuis wat dikwels vergete bly, skoon te hou.

Moet jou oond diep skoongemaak word? Ons gebruik essensiële sitrusolie om vullis en vet uit oonde te verwyder. Ons skroef die agterplaat en waaier af en haal die draadrakke, syrakke en syplate uit sodat ons elke oond aan die binnekant heeltemal skoon kan kry. Ons week al dié dele en skrop dit totdat dit silwerskoon is.

Terwyl bogenoemde dele week, smeer ons ’n pasta in die oond en begin skrop. Ons haal die oonddeur af, indien moontlik, en verwyder alle vullis uit die deur. Dan skrop ons die rakke en sit die oond weer aanmekaar. Jou oond sal beslis skitterskoon wees!

Kontak Maid in heaven:

E-pos: maidinheavennz@gmail.com

Telefoon: 021 0856 6734

Klik hier om Maid in heaven se webtuiste te besoek.

Klik hier om Maid in heaven op Facebook te besoek.

Klik hier om Maid in heaven op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest