Leesvordering:

Mostert se Meule, slagoffer van April 2021 se brande

Mei 7, 2021

Alana Bailey

Enkele weke gelede het ons die tragiese nuus berig dat Mostert se Meule, wat in ongeveer 1796 in Kaapstad opgerig is, op 18 April 2021 ernstig deur ’n brand beskadig is.

Intussen het die Vriende van Mostert se Meule (geregistreer as Friends of Mostert’s Mill / FoMM) aan die werk gespring. Dié Vriende is nie ’n liefdadigheidsorganisasie nie, maar wel ’n nie-winsgewende organisasie met die amptelike nommer 120-838 NPO.

Daar is feitlik dadelik met fondsinsamelingsprojekte begin. AfriForum het ook ’n bydrae daartoe gelewer. Van die belangstellendes het verneem of die gebou dan nie verseker was nie. Amptelik word dit deur die staat besit en deur die departement van Openbare Werke en Heritage Western Cape bestuur. As sodanig is die struktuur verseker, maar die staat het nie meulenaars in diens wat die meul kan bedryf en onderhou nie. Hierdie funksies is dus aan die Vriende oorgedra. Hulle het die meule die afgelope 25 jaar in volle werkende toestand gehou en tragies genoeg pas weer die naweek voor die brand ’n restourasieprojek afgehandel. Om die meule weer sodanig te restoureer, is bydraes van die publiek nodig. Voor die brand was dit die enigste oorblywende werkende windmeul suid van die Sahara in Afrika en die ideaal is dat dit weer die status sal bereik.

Omdat die Kaapse reënseisoen voor die deur is en ander kwessies soos diefstal risiko’s skep, het die Vriende ook dadelik om ’n lisensie by Heritage Western Cape aansoek gedoen om die oorblywende struktuur te beveilig. Al die metaalonderdele soos die wieke wat meestal herbruik kan word, is verwyder om dit te bewaar en seile is oor die struktuur vasgemaak om dit teen die insypeling van reënwater te beskerm. Hierdie aksies is nou afgehandel.

Tans word met Heritage Western Cape onderhandel dat die restourasieproses deur die Vriende met die hulp van Gabriel Fagan Architects aangepak kan word. Laasgenoemde was betrokke by die omvattende restourasieproses van 1995, waaroor meer op die meule se webwerf gelees kan word. Destyds is van die houtmasjinerie deur die maatskappy Dunning Bremmer in Nederland vervaardig. Dunning Bremmer was ook by die restourasie van 1935 betrokke (http://mostertsmill.co.za/restoration/restoration-1935). Tans word egter beplan om die houtonderdele plaaslik te vervaardig.

Op die amptelike webwerf is foto’s van die meule voor en na die brand te siene en kan belangstellendes ook op hoogte van die vordering met die fondsinsameling en restourasie bly.

Om te verseker dat die meule weer in werkende toestand sal wees, word donasies so bo verduidelik is, steeds dringend benodig. Inbetalings kan gemaak word in die Standard Bank-tjekrekening van “Friends of Mostert’s Mill”, nommer 077441672, takkode 051001. Bydraes uit die buiteland kan oorbetaal word deur middel van www.GoFundMe.com/f/Mosterts-mill-restoration-fund.

Alle donasies word so ver as moontlik deur die Vriende erken, maar wanneer ’n EFT geen e-posadres aandui nie, of ’n donasie met behulp van Snapscan gemaak is, is dit nie moontlik om die skenker te identifiseer nie, en vra die organisasie dat u ’n e-pos met u naam, die datum van die oorbetaling en bedrag aan die tesourier stuur by thorpex@iafrica.com.

Dankie aan John Hammer, die meulenaar, wat hierdie foto van die struktuur aan AfriForum gestuur het. Die seile wat dit teen reënskade sal beskerm, is daarop sigbaar.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest