Leesvordering:

Op pad na ’n nuwe land

Jun 3, 2021

Deur Ilze Nieuwoudt

Terwyl duisende Suid-Afrikaners reeds in die afgelope paar jaar hul huise opgepak het en ’n nuwe tuiste in ’n vreemde land gaan vind het, het ons voorouers ook ’n soortgelyke pad gestap. Duisende Nederlanders, Duitsers, Franse en verskeie ander nasionaliteite het reeds vanaf die 1600’s hul weg na Suid-Afrika gevind. Op 28 Oktober 1950 het nagenoeg 800 Nederlandse emigrante aan boord “De Zuiderkruis” na Suid-Afrika vertrek.

Voor hul vertrek het kol. P.I. Hoogenhout, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, in ’n toespraak aan die emigrante verklaar: “Ek weet dat dit nie vir julle maklik is om Nederland te verlaat nie. Die oorbevolking in Nederland skep toenemende probleme. Verbind jul lot met Suid-Afrika.” Die Nederlandse minister van maatskaplike sake en volksgesondheid het ook die emigrante moed ingepraat en gesê: “Er bevinden zich onder U 183 geschoolde werkkrachten op wie ons land trots mag zijn. Al komen er moeilijkheden, houdt vol, verleent elkander wederzijds bijstand en houdt de naam van ons land hoog.”

In ’n artikel Nederlanders over de grens skryf Han Nicolaas en Arno Sprangers van Nederland se Centraal Bureau voor de Statistiek dat nagenoeg 30 000 Nederlanders gedurende die 1950’s na Suid-Afrika geëmigreer het. Talle het egter weens die politieke omstandighede in Suid-Afrika gedurende die 1960’s teruggekeer na hul vaderland. Teen 2005 het die Nederlandse ambassade gereken dat daar steeds ’n geskatte 40 000 tot 45 000 Nederlanders in Suid-Afrika woon. Nederlandse emigrante het deur die jare ’n besliste invloed op Suid-Afrika en ook natuurlik die totstandkoming van Afrikaans as taal gehad.

Die taalhistorikus Jaap Steyn skryf onder meer oor die werk wat verskeie Nederlandssprekende aktiviste vir Afrikaans gedoen het vanaf 1870 tot 1925. Lees hieroor in sy boek Verset & opbou. Die boek is hier beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel.

Foto: Nederlandse emigrante in 1950 op pad na Suid-Afrika gaan aan boord “De Zuiderkruis”. Bron: HetGeheugen

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest