Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Harry Erasmus Art

Jun 15, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk op die been gebring om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die Kollig is Harry Erasmus Art in Nederland.

Harry is in Pretoria in Suid-Afrika gebore. Hy is van baie jongs af al lief vir kuns en alles wat daarmee te doen het. Hy kies altyd ligte, kleurvolle kunsstyle.

Harry is een van Suid-Afrika se mees unieke kunstenaars en is baie dankbaar vir sy talent. Hy het ’n aangebore, natuurlike talent en het geleer om op sy eie manier te skilder omdat hy geen formele opleiding gehad het nie. In sy loopbaan as kunstenaar het hy verskillende style ontwikkel en bemeester.

“Ek beplan nie ’n skildery nie. Terwyl ek skilder, voel dit vir my of ek in ’n ander wêreld is, ’n wêreld wat ek kan skep net soos ek wil.”

Harry se werke is kleurvol en prettig, en elke keer as jy daarna kyk, sien jy iets anders raak – ’n weggesteekte kat of glas wyn. Hy hou van beweging in sy werk. Geboue dans op die maat van die lewe en nooi ’n mens vir ’n rukkie in in wat hy sy “speelse fantasiewêreld” noem.

Kontak Harry Erasmus Art

Telefoon: +31 64 308 5783

E-pos: info@harry-erasmus.com

Klik hier om Harry Erasmus Art op Facebook te besoek.

Klik hier om Harry Erasmus Art op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest